Januarie 2020 Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*

2020 PROGRAM


Na aanleiding van ons plaasbesoeke, is daar 'n paar veranderinge op ons 2020 program:

1. Hoe werk plante? is nou opgedeel tussen groep inskrywings, en individuele inskrywing. Die groep inskrywings kan hulle eie datum maak, en die individuele inskrywings het vaste datums, wat op die webwerf verskyn. 
2. Die prys vir die produktiewe spanne opvolg is verander - dit is nou R3927.50 per groep. 

As daar enige vrae is oor die program of kursusse, kontak asseblief vir Carmen of Samantha. 
 

BESTUURSDAG 2020 - 21 MEI 

 
Wat is die toekoms van landbou, en hoe gaan die bedryf oor tien jaar lyk?
 
Hierdie vraag is beslis oral in die media. Daarom het ons uitgesoekte sprekers wat ons gaan help dink hieroor en praktiese voorstelle gee om landbou se volhoubaarheid te verseker. Aanbiedings rondom fondasies wat nodig is vir arbeidsverhoudinge, wat is nodig vir ons jong werkende landbouers, watter tipe produksie aanpassings is noodsaaklik en wat is nodig vir opleiding in die toekoms.
 
Hierdie is solank van die spekers om julle nuuskierig te maak:
  • Prof. Stefanie Midgley van Universiteit van Stellenbosch: Klimaatverandering gefokus op die Witzenberg
  • Dr. Ruben Richards van Ruben Richards Foundation: Verhoudingsvertroue
  • Ben Saaiman van CPUT: Toekoms van jong werkende jeug
  • Fanie van der Merwe van Boplaas: Solar energie 
  • Mossie Basson van Graham Beck: Biodiversiteit en Bewaring
Bespreek op die webwerf om teleurstelling te voorkom!


JEUGONTWIKKELING IS ONVERMYDELIK

 
Daar is ongeveer 19.6 miljoen kinders (onder die ouderdom van 18) in Suid-Afrika:
  • 6 miljoen kinders in Suid-Afrika lewe in armoede
  • 40% van kinders tussen 6-12 jaar loop met angs en bekommernis rond
  • 122,906 van tienerdogters (tussen 10-19 jaar oud) het in 2017 in Suid-Afrika geboorte gegee
  • 24% van Suid-Afrikaanse tieners is slagoffers van cyberbullying
  • 9% van alle tiener sterftes in Suid-Afrika is weens selfdood
Nie alle kinders het 18 jaar se lewensvaardighede by hulle ouers aangeleer om probleme en uitdagings te hanteer nie. As ’n gemeenskap kan ons nie meer die volgende generasie se behoeftes ignoreer nie en moet ons saam hande vat. In 2019 het ons die volgende positiewe jeug insette bereik:


STER PLASE - JEUG


Hoe is sommige van ons plase reeds betroke met ongelooflike jeug projekte?

Rora neem hulle plaas kinders elke Saterdag Park Run toe - dit is goeie oefening, en goeie pret. Dit is fantasies! (Sien die foto links).

Howbill het 'n hele vakansie program gedoen met hulle jeug; Brett Viljoen en sy vrou het n dag kom spandeer met die kinders, waar hulle papiere opgetel het. Andries Douglas het met almal kom praat oor dwelms, tik, en dagga. Die plaas het ook 'n pretdag gereël vir die kinders (foto regs). 

Elandsrivier Boerdery het 'n vakansieprogram aangebied vir hulle bewaarskool, wat verskillende aktiwiteite behels het.

Wat is jou plaas se 2020 jeug strategie? Skakel gerus in by een van ons projekte of kontak vir Edna (edna@kbos.co.za) om te hoor watter hulpbronne daar nog beskikbaar is wat vir jou plaas gaan werk. Onthou ons Jeugprogram inskrywings sluit 31 Januarie, teen R380 per leerder. Klik gerus HIER vir die volledige program.

 

2019 JEUGPROGRAM EINDIG BY RUSH


11 Desember 2019 was 50 leerders van die Jeugprogram beloon met 'n uitstappie na RUSH (Binnemuurs Trampoline sentrum) in Claremont. Hierdie leerders het geen of slegs 1 sessie van die jeugprogram gemis in 2019. Hulle het dit ongelooflik baie geniet en was na die uur van spring, val, hindernisse, dodgeball en so veel meer moeg en honger. Ons het die dag afgesluit met middagete by KFC of McDonald’s. Maak seker jou plaas is deel van 2020 se jeugprogram. Kontak Edna vir meer inligting”
 

VAN ONS LANDBOU AFDELING 


Alle landbouleerlingskappe is afgehandel wat insluit die ADENCO geborgde landbouleerlingskap. Die voorbereiding vir die nuwe landbouleerlingskappe maak vordering. Besighede wat NQF 4 leerders ingeskryf het se voornemende leerders word tans geassesseer deur Procare. Onderhandelings met Agricolleges Internasional om sekere eenheidstandaarde op hulle E-leer platform aan te bied toon vordering.

Die aanbieding van die plukkursusse vir ons lede is voltooi en slegs die assesserings moet voltooi word soos wat die seisoen vorder.

SOKKER EN MARSHALS 

 
Die nuwe sokker seisoen is aan die gaan. Aangesien ons verlede jaar nie ons marshal opleiding reg kon kry nie, gaan ons weer die jaar opleiding reël. Ons gaan ook die sones bietjie rond skuif om minder toernooie elke naweek op gasplase te hou. vir enige navrae of aanbevelings oor die sokker, kontak asseblief vir Samantha of Ayanda. 


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplike werkers. 
 

Saam kan ons 'n verskil maak!


Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*