Februarie nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*

KURSUSSE OM NA UIT TE SIEN 

 
  • Okuleer: 6 Maart te Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Die einddoel is om die okuleerwerk die eerste keer reg en suksesvol te doen ten einde onnodige herokulering buitenstyd te vermy. Hierdie is een van die belangrikste stappe om te verseker dat die produsent die boom kry wat sal bydra tot die sukses van sy nuwe boord. Studente moet die volgende saam bring: Snoeiskêr, `n goeie skerp mes, en 'n stuk goiing vir ogie materiaal. Om in te skryf, kliek hier
  • Besoek en bespreek: 7 April te Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Die sessie gaan oor onderstamme; bespreek jou plek hier.
  • Modulêre kursus: Die kursus behels verskillende sessies soos ekonomie van vrugte verbouing, bestuurs-stelsels, snoei, oes, plantbeskerming, die groei-siklus van 'n boom, plantvoeding, grondvoorbereiding, plukrypheid, besproeiing, en n velddag. Dit is ideaal vir almal in die vrugte bedryf. Ons moet 40 mense kry voor ons 'n datum kan bevestig, so skryf in hier
  • PACE program: 26 Maart te Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Die Loopbaanvoorligting vraelys help om 'n ingeligte loopbaanbesluit te neem deur vrae te vra oor wat die leerder wil doen en dit aan te pas by toepaslike loopbaanvelde, loopbane en studiegeleenthede. Vir nog inligting of om te bespreek, kontak asseblief vir Edna.
               

2020 INSKRYWINGS EN WSPs

 

Bo is 'n grafiek van verlede jaar se kursus inskrywings. Ons is tans besig met voorbereiding vir die WSPs, wat vroeg in April by AgriSETA ingedien moet word. Ons vra dus asseblief dat alle plase hulle inskrywing so gou moontlik klaar maak, dat ons in Maart met WSPs kan begin. Ons sal einde Februarie die WSP inligting deurstuur, en vra dat almal asseblief hulle vorms teen Maandag 16 Maart terugstuur. 

Terwyl almal besig is met opleiding bespreking wil ons ook graag vir almal herinner oor die belangrikheid van loopbaan beplanning - dat die regte mens die regte kursus bywoon. Ons wil hierdie jaar almal aanmoedig om die talente van hul werksmag raak te sien, en in gedagte hou as dit by opleiding en loopbaan bevordering kom.  
 

KURSUS UITSTALLING

 
Ons het die eerste rondte van ons kursus plakkaat uitstalling klaar gemaak. Ongelukkig was daar 'n paar logistieke probleme. Die admin afdeling gaan nou 'n beter stelsel uitwerk om te verseker dat almal 'n beurt kry vir die uitstalling, en sal die roetes in die GOB briewe en Facebook uitstuur, sowel as eposse aan die plase direk stuur. 

Dit is 'n projek wat almal se samewerking benodig - as daar enige probleme rondom die uitstalling is, of as 'n plaas dalk nog tyd nodig het vir hulle uitstalling, laat weet assseblief vir Danelle of Samantha. 
 

STRATEGIESE SESSIE


Die sentrum se personeel gaan 11 Maart 'n spanbou/strategiese sessie hou, en sal dus nie op kantoor wees nie. Ons sal op die 12de en 13de Maart eers kan aandag gee aan eposse en boodskappe.
 

NUWE MINIMUM LOON


Die verhoging van die minimum loon met minder as 4% is volgens AgriSA ‘n poging om werk te beskerm en selfs die Nasionale Ontwikkelingsplan se doel om werk te skep in landbou, moontlik te maak. In streke soos die Witzenberg sal dit net werk as die minimum loon erken word as ‘n minimum en nie as ‘n aanbeveelde loon nie. Dit was goed om op ons sosiale media die “ons plaas betaal klaar meer as dit” reaksies te sien. As opleidingsentrum, werk ons baie hard om jong mense met potensiaal in landbou te kry, maar hierdie tipe media nuus oor landbou maak nie ons taak makliker nie.
 

AKKREDITASIE 


Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se akkreditasie was hierdie maand deur AgriSETA hernu. Ons het ook 'n aansoek ingestuur vir akkreditasie by QCTO, en sien uit om goedgekeur te word.
 

WOORDFEES

 
Van die sentrum se personeel gaan die Toyota US Woordfees bywoon. Dit vind vanaf 6 tot 15 Maart in Stellenbosch plaas. Ons is veral opgewonde oor 'n program wat 12 Maart aangebied gaan word - 'Plaasbestuurders raak al skaarser'.

Gegewe die belangrikheid van die onderwerp in ons eie area, en landbou oor die algemeen, wil ons graag vir die plase ook aanmoedig om die gratis sessie by te woon. Vir meert inligting, lees die program hier
 

SOKKER

 
Vandat ons die sokker oorgeneem het probeer ons die projek gereeld evalueer en verbeter. Dus het ons besluit om vanaf die volgende seisoen ons zones in twee op te deel dat wedstryde by twee velde op n dag gebeur, en nie net op een plaas nie. Dit behoort ons baie te help met van die probleme en klagtes oor die sokker, sowel as ons eie admin te versterk en makliker te maak. Ons is ook besig om marshal opleiding te reël en sal datums deurgee sodra alles bevestig is. Vir enige sokker navrae kommentaar, of voorstelle, kontak asseblief vir Ayanda of Samantha.  
 

E-LEER

 
Ons is bly om hierdie jaar vir die eerste keer e-leer kursusse aan te bied. Wat kort kursusse behels, bied ons noodhulp vlak 1 en veilige hantering van gifstowwe heropleiding as e-leer opsies aan te bied. Die kursusse sal vanaf Mei maand aangebied word - op die oomblik is ons besig met die laaste paar reëlings. Ons het ook met SIZA bevestig dat alle e-leer kursusse aanvaarbaar is vir enige oudits, wat hierdie opsie aantrekliker maak. 
 

ONS NUWE INTERN


Die sentrum het die jaar 'n intern aangestel vanaf Bold College. Cyrillene du Plessis gaan dus vir die jaar in ons admin afdeling werk, en sal help met verskillende take. Ons hoop haar jaar is suksesvol, en wens haar alles van die beste toe.

Welkom by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, Cyrillene!
 

FINANSIES

 
Die Koue Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is in die proses om oor te skakel vanaf BK na Maatskappy. Ons sal u op hoogte hou van hoe die proses vorder.
 

TUINBOU KOMPETISIE


Hier is van ons wenners se tuine wat deelgeneem het aan ons jaarlikse tuinbou kompetisie. Is dit nie merkwaardig hoe mooi, goed versorg en kreatief die tuine is nie? Meeste van die deelnemers het ook hulle eie groente tuine sodat hulle aan hulle families kos kan voorsien. Elke deelnemer het met TROTS en ENTOESIASME hulle tuine verduidelik. Ons sien uit om vanjaar die tuine te besoek wat nog besig is om te ontwikkel.
 

VAKANSIE PRET

                 
                                       
Lekker vakansieprogram vir die kinders. By elke program word daar ook lewensvaardighede ingebou. Kontak Edna teen 10 Maart as jou plaas kinders wil inskryf (slegs beperkte aantal plekke beskikbaar). 
 
Datum Program Ouderdom Aktiwiteit Plek Kostes
24 Maart Besige Bytjies 8 + 9 jariges Kreatiewe aktiweite vir ons brein en hande Sentrum R 20 p.p.
  Voete Jik 10-18 jariges Kwaito + Hip hop + Rap
werkswinkel
Sentrum R 20 p.p.
25 Maart Besige Bytjies 8 + 9 jariges Kreatiewe aktiweite vir ons brein en hande Ceres/ Hamlet R 20 p.p.
  Voete Jik 10-18 jariges Kwaito + Hip hop + Rap
werkswinkel
Ceres/ Hamlet R 20 p.p.
26
Maart
Pace Program Graad 9’s-Graad 12’s Aanlyntoets wat help met vakkeuses en loopbaankeuses Sentrum R 70 p.p.
 
 


Vir R1000 kan u of u besigheid 'n groot verskil maak in 'n kind se lewe - deur die kamp word plaaslike kinders bekend gestel aan spanwerk, die invloed van goeie keuses, raad oor hul loopbane en vakkeuse, sowel as praatjies deur Boland Kollege, Toevlug, die polisie, en maatskaplike werkers. 
 

Saam kan ons 'n verskil maak!


Om 'n leerder te borg, of vir meer inligting hieroor, kontak asseblief vir Samantha. Nader gerus ook u veskaffers om 'n kind te borg.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*