Februarie 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
LIEWE FEBRUARIE
Liewe leser. Jy is spesiaal. Jy is geliefd. Glo dit! Ons hoop dat almal baie liefde ervaar het gedurende die maand van liefde.
Februarie was besig. Daar was "highs" en daar was "lows". Sterkte aan al die produsente wat getref was deur die haelstorm. Ons glo en vertrou dat daar 'n voorspoedige seisoen sal wees in die toekoms.
SPLINTERNUWE projekte lê voor. Wees deel. Skryf in. Moenie uitmis nie!
PLUKKER EVALUASIES: WAARNEMINGS EN TENDENSE

Tydens die onlangse plukker-evaluasie sessies is verskeie belangrike tendense geïdentifiseer.

Waarnemings by plukkers

  • Naels te lank: Dit lei tot sigbare naelmerke op geplukte vrugte.
  • Uitstingels: Vrugte word dikwels sonder stingels gepluk weens oorhaastigheid.
  • Te vol pluksakke: Plukkers vul sakke oormatig, waarskynlik om vinniger kratte vol te maak.
  • Oorhaastigheid: Lei tot afpluk van spore en blare saam met die vrugte.

Waarnemings by toesighouers

  • Gebrek aan oplettendheid: Detail word nie genoegsaam dopgehou nie.
  • Afwesigheid: Sommige toesighouers beweeg nie aktief tussen plukkers nie.
  • Onvoldoende ingryping: Foute word nie reggestel of aangespreek nie.
  • Algemene passiwiteit: Sommige toesighouers is nie “wakker” genoeg tydens die proses nie.

Slotgedagte
 
Die waarnemings tydens die plukker-evaluasies toon duidelik dat die kwaliteit van die oes nie net afhang van die plukkers se vaardighede nie, maar ook van die toesighouers se aktiewe betrokkenheid.

Toesighouers is die eerste linie van beheer om te verseker dat vrugte korrek gepluk word – sonder naelmerke, uitstingels, blare en spore.

Wanneer toesighouers oplettend en teenwoordig is, kan hulle onmiddellik ingryp en verkeerde praktyke regstel.

’n Wakker toesighouer stel die tempo en standaard van die span. Hul teenwoordigheid bevorder verantwoordelikheid en verminder oorhaastigheid.

Deur aktief tussen plukkers te beweeg en terugvoer te gee, dra by tot die produktiwiteit van die span.
ONS VERWELKOM NUWE PERSONEEL BY KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
BAIE WELKOM aan Naledi  Rampone  en Emang Lenyatsa. Naledi is aangestel as Opleidingbeampte in ons Landbou departement, terwyl Emang sy werkplekplasing jaar by ons sal voltooi. Beide gaan betrokke wees by ons gemeenskapontwikkelingsaktiwiteite en onder andere die sokker. Ons is baie opgewonde om hul as deel van ons span te hê!
Naledi Rampone
Emang Lenyatsa
NUWE JEUGONTWIKKELINGSPROGRAM IN SAMEWERKING MET SCATEC

Ons is verheug om aan te kondig dat ons befondsing vanaf Scatec ontvang het om werklose jeug die geleentheid te bied om ‘n volledige leerlingskap te voltooi.

Die program sal volgens die beproefde 1,2,3 Werk-model uitgerol word wat ons die afgelope paar jaar suksesvol aangebied het. Studente sal een dag per week teorieklasse bywoon en vier dae praktiese werkservaring op ‘n plaas opdoen. Hierdie jaar se klasse sal in Op-die-Berg plaasvind.

Die belangstelling het ons verwagtinge oortref en dit bevestig dat ons jeug aktief op soek is na geleenthede om hulself te bemagtig. Ons het reeds plasingversoeke aan plase gestuur om studente te akkommodeer. Indien u nie so ‘n versoek ontvang het nie, maar wel bereid is om studente die kans te gee om praktiese ervaring op u plaas op te doen, nooi ons u uit om met ons in verbinding te tree.

Ons beoog om met die klasse te begin sodra alle studente geplaas is. Hierdie program is ‘n waardevolle belegging in die toekoms van ons jeug en ons sien uit na die positiewe impak wat dit op die gemeenskap sal hê.

TANKWATREK 2026
Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se personeel het uitgehelp met registrasie en uitdeel van verversings by die Tankwatrek.
INSKRYWINGS & WSP

Ons herinner graag lede dat almal se opleidingbesprekings teen einde Maart op ons werbwerf bespreek moet wees. Indien u enige uitdagings hiermee ervaar, kontak vir Euria. Ons begin eersdaags met die WSP - en ART - indiening en sal binnekort begin om inligting van lede in te win.  Wees asb. op die uitkyk vir `n e-pos vanaf ons.
GR. 9-12 ONTWIKKELINGSKAMP 2026

’n Belegging in u kind se toekoms.

As ouer wil ons almal dieselfde hê: dat ons kinders sterk waardes sal hê, wyse besluite sal neem en met selfvertroue hul pad in die wêreld sal stap.
Ons Ontwikkelingskamp is spesifiek ontwerp om ouers hierin te ondersteun – om saam met u te help bou aan u tiener se karakter, weerbaarheid en toekomsgerigtheid.
Tienerjare bring unieke uitdagings. Daarom skep ons ’n gestruktureerde, veilige ruimte waar leerders begelei word deur ervare fasiliteerders en waar eerlike gesprekke gevoer kan word oor temas wat werklik saak maak.

Wat u kind tydens die kamp ontvang:

  • Weerbaarheid teen groepsdruk en middelmisbruik
    Praktiese hulpmiddels om selfstandig en verantwoordelik besluite te neem.
  • Aanlyn veiligheid en sosiale media-bewustheid
    Riglyne om hulself en ander te beskerm.
  • Karakter- en leierskapsontwikkeling
    Dissipline, respek en persoonlike verantwoordelikheid.
  • Gesonde verhoudings en waardegedrewe keuses
    Ouderdomstoepaslike, eerlike gesprekke oor belangrike lewenskwessies.
  • Loopbaanoriëntering en doelwitstelling
    Help u kind om hul sterkpunte te ontdek en rigting te kry vir die toekoms.
Ons glo ouerskap is ’n spanpoging. Hierdie kamp is nie ’n plaasvervanger vir u leiding nie – dit is ’n ondersteuning daarvan.

Aankoms: Maandag, 30 Maart om 10:00 by Dennebos
Vertrek: Woensdag, 1 April om 16:30 by Dennebos
Plase is verantwoordelike vir eie vervoer!
Plekke is beperk. Kontak ons gerus om u kind se plek te verseker. R1150 p.p.
'N PAAR SPLINTERNUWE PROJEKTE WORD VIR DIE EERSTE KEER AANGEBIED BY KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM

PROGRAMKOSTES 2026

Kostes per persoon:
📸 Selfoon-fotografie – R80
🎨 Kreatiewe Kunste – R80
🌸 BeYOUtiful Vrouekamp – R1380

📚 Die Proses:
Gr. 9 – R1000
Gr.10 – R400
Gr. 11 – R1550

Kontak ons gerus vir meer inligting of om jou plek te bespreek.

HR STUDIEGROEP: BELEIDE EN KONTRAKTE
WERKSWINKEL VIR OPLEIDINGSBEAMPTES
OPKOMENDE KURSUSSE
  • Steenvrugte velddag; 9 April
  • Boordmonitors Gevorderd; 16 + 17 April; Ceres
  • Boordmonitors; 23 + 24 April; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*