Februarie 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
AN APPLE A DAY, KEEPS THE DOCTOR AWAY
Fietsryers tussen pragtige groen en rooi appelboorde, insiggewende opleiding, en die oes van appels en pere in die Witzenberg-vallei. Februarie was vol aktiwiteite.
Bestuursdag, Xhosa gespreksklasse, Geestesgesondheidsopldeiding, KID vir bestuurspanne. Ons het 'n klomp nuwe en opwindende programme en kursusse wat voorlê. Lees meer onder en onthou om in te skryf!
TANKWA TREK FIETSRY KOMPETISIE 2025
Die personeel van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het saam met vrywilligers by vanjaar se Tankwa Trek fietsry kompetisie vir vier dae uitgehelp. Ons was verantwoordelik vir die bystand tydens registrasie en het verskeie waterpunte beman.
Ané du Toit, Carmen Roberts, Danelle Titus, Landi Kahlmeyer en Edna Nigrini, was van die personeellede wat gehelp het om die dag mooi te laat verloop.
BESTUURSDAG 2025 - WAAR LEIERS GROEI!

SNEAK PEAK…

Wil jy jou strategiese insig slyp en jou landbou-bestuursvaardighede na die volgende vlak neem?

Bestuursdag 2025 bring vir jou waardevolle kennis en insigte van top sprekers in die bedryf!

🎤 John Dobson – Legendariese Stormers-afrigter, deel sy wen-strategieë oor Leierskap en Spanbou.
🌱 Johann Kotze – CEO van AgriSA, ontleed die jongste landbou tendense en hoe om vooruit te boer.

📅 Datum: 21 Mei 2025, halfdag
📍 Plek: Kaleo Gasteplaas
🎟️ Beperkte sitplekke – bespreek vroeg by euria@kbos.co.za! (R1015 p.p.)

Moenie hierdie kans mis om inspirasie, netwerkgeleenthede en praktiese bestuurswenke te kry nie.

👉 Bly ingeskakel vir die volledige program!

FINANSIES KONTAKTE

Indien julle enige finansies-verwante vrae het kan julle vir Jarred of Hanli kontak. Kontak Jarred by finansies@kbos.co.za vir navrae oor fakture, state, kwotasies en enige operasionele sake. Kontak vir Hanli by hanli@kbos.co.za vir navrae oor lidmaatskap en strategiese sake. Alle fakture moet ook direk vir Hanli gestuur word.
Baie welkom aan Hanli en Jarred. Ons is opgewonde om julle as deel van die span te hê.
OESAKSIE IN VOLLE SWANG! KWALITEIT EN KUNDIGHEID OP 'N NUWE VLAK!
Alle landbouwerkers is volstoom besig met die oes! Die herverpakte Plukkursus is met groot sukses op verskeie plase voltooi, en die terugvoer is uiters positief. Deur ‘n sterker fokus op die kwaliteit van geplukte produkte te plaas, sien ons reeds ‘n merkbare verskil in die veld!

Ons het ook begin met individuele plukker-assesserings, en die resultate toon duidelik dat plukkers hul opleiding in die praktyk toepas. Maar om die volle impak van die kursus te bepaal, moet ons die kwaliteitskontrole-verslae van die plase by die laaibane ontleed. Dit sal wys of die verbeterings wat in die boorde waargeneem word, ook verder deur die plaas se hele kontroleproses weerspieël word.
Die voorlopige resultate is bemoedigend! Kwaliteitskontrole op die plase bly egter ‘n noodsaaklike faktor om te verseker dat slegs produkte van goeie gehalte gelewer word.
KID-KURSUS VERANDER BESTUURSPANNE SE DENKWYSE!
Die bestuurspanne van Doornkraal (Witzenberg Vallei) en Stanislaus Agri (Tulbagh), het aan die einde van 2024 die dinamiese KID-kursus voltooi - 'n ervaring wat hul leierskap en selfinsig na 'n nuwe vlak geneem het!
 
Alhoewel dit aanvanklik vir bestuurders ongemaklik is om die vooraf “Piet Schoerie” rollespel te doen, verander hulle persepsie vinnig sodra hulle met die kursus begin. Soveel so, dat die persone wat aanvanklik die meeste weerstand het: “Wat, moet ek daai kursus doen?”, agterna uiters positief reageer.
 
Die KID-kursus is beslis ‘n moet as jy jouself en jou leierskapeienskappe wil ontdek en/of wil verbeter. 
Hier volg 'n paar terugvoerings van bestuurders wat die kursus reeds gedoen het.
  • "Ek het baie geleer oor myself en my manier van situasies hanteer, in die werksplek sowel as op ‘n persoonlike vlak".
  • "Waardevolle praktiese wenke om jouself te verbeter”.
  • “Ek kon nie vir ‘n beter kursus op ‘n beter tyd vir die maatskappy gevra het nie".
Die KID-kursus bestaan uit 5 sessies van 3 ure elk en word op die plaas aangebied, saam met die hele bestuurspan.

Skryf nou in! Hierdie lonenede kursus kos R42 000 per groep (maksimum 16 persone). Moenie hierdie geleentheid misloop om jou span se leierskap te transformeer nie!
Stanislaus Agri se Bestuurspan
Doornkraal se Bestuurspan
VERSTERK JOU PLAAS SE GEESTESGESONDHEID MET OPLEIDING
PROCARE bied hierdie jaar opleiding oor Geestesgesondheid aan - 'n moet vir besighede wat werkers se welstand en produktiwiteit wil bevorder. En die beste deel? Besighede wat nie reeds kontrakte met PROCARE het nie, kan inskryf! Opleiding is in 'n groepformaat en sal op die plaas aangebied word - ideaal vir julle!
 
Koste: R6900 per groep + vervoer (R5.00 per km)
Duur: 4 ure
Groepgrootte: 10-25 persone
 
Bespreek nou vir hierdie opleiding by Euria euria@kbos.co.za
XHOSA GESPREKSKLASSE
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Steenvrugte velddag: 10 April
  • Kokke inspirasie: 16 April; Elim
  • Boordmonitor bloubessies: 17 April
  • HR Studiegroep – nuwe wetgewing rondom gelyke indiensneming: 19 Maart; Zoom
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*