BESPREEK NOU JOU OPLEIDING VIR 2024!
Onthou om jou opleiding op ons webwerf te bespreek om die beste datums te verseker. Alle besprekings vir kursusse word op die webwerf gedoen. Indien u enige uitdagings ervaar kontak gerus vir Euria. Sy staan reg om kliënte te help.
|
|
|
NQF 4 - STUDENTE GOED OP DREEF
|
|
Die NQF 4 - studente het die Agricolleges International gedeelte van die leerlingskap suksesvol voltooi. Hulle loop nou weer klas by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum volgens ‘n voorafopgestelde rooster. Daar gaan klasse in Ceres ook aangebied word en klasse word dus verdeel tussen die Koue Bokkeveld en Ceres. Daar is tans 20 studente nog steeds deel van die program.
Kelvin Fredericks van Lakenvlei se terugvoering was soos volg: "In die begin was dit moeilik omdat dit Engels was, omrede Engels nie my sterk punt is nie en omdat ons daagliks Afrikaans praat. Dit was eintlik goed dat dit in Engels was, want my Engels het ‘n bietjie bygekom. Ek moes net deurdruk. Ek sal ACI ‘n 9 uit 10 gee, want dit wat ek geleer het was goed"!
Jolena Fredericks van Bronaar Plase het die volgende gesê: "ACI se werk was baie uitdagend gewees, maar baie leersaam en sal beslis help in die toekoms. Die werk van ACI was goed georganiseerd, omrede jy presies geweet het wanneer jou take ingehandig of modules voltooi moes wees. Dit was lekker om saam met hulle te werk".
|
|
|
Die NQF 4 - studente is hard aan die werk tydens hul klas by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum.
|
|
1,2,3 WERK PROGRAM
Soos julle reeds weet, het ons nie hierdie jaar weer befondsing by AgriSETA gekry vir die 1,2,3 Werk program nie. Stel julle belang om persone op die uitstekende program te stuur? EN, is julle bereid om self te betaal? Laat weet asb. vir Ané by ane@kbos.co.za indien julle self die R7500 per persoon vir julle studente sal betaal. Vir meer inligting oor die program kliek hier.
|
|
|
|
Die 1,2,3 Werk - studentegroep van 2023, se laaste dag van die program. Ons is baie trots op hul deursettingsvermoë en puik deelname.
|
|
|
Die personeel het op 22 Februarie 'n strategiese sessie gehad waar ons saamgedink en planne gemaak het vir die toekoms.
|
|
Diggerloading opleiding en pluk assessering het tydens Februarie plaasgevind.
|
|
|
|
Die eerste Blokfluit opleiding van die jaar het ook plaasgevind.
|
|
OPKOMENDE KURSUSSE:
- HR Studiegroep - Belangrike nuwe KVBA reëls en prosedures en werknemer regte: 20 Maart (ZOOM)
- Steenvrugte Velddag: 28 Maart
- Besoek en Bespreek - Kurkvlek in Pere: 10 April
- Noodhulp vlak 1 vermengde leer: 15 April
- Noodhulp vlak 1 vermengde leer: 22 April
- Kokke inspirasie kursus: 26 April
|
|
|
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
|
|
|
|