Februarie 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
HOE ROOIER, HOE MOOIER.
Die maand van liefde is hier. Die kleur, rooi, staan dus vir ons in Februarie uit. En hoe rooier die appels, hoe mooier? En lekkerder? Nie waar nie? Oral waar jy kyk tussen die boorde, sien jy mense hard aan die werk, besig om appels en pere te pluk, sowel as om die laaste nektariens van die seisoen te oes. Mag die maand van liefde ons herinner om mekaar met liefde en respek te behandel. Nie net nou nie, maar oral waar ons beweeg in ons alledaagse lewens. 'n Liefdevolle omgewing skep die geleentheid vir positiwiteit en produktiwiteit.

Waardevolle inligting is gedeel by ons Besoek en Bespreek en die splinternuwe Gr.8 Koshuisprogram, sowel as die Jeug kamp, is om die draai. Daar was ook geswoeg en gesweet by die Tankwa fietsresies en ons was dankbaar om te kon help by die spog geleentheid.
Onder is belangrike nuus te lees oor ledegelde, opkomende kursusse en produktiwiteit op plase. Geniet en mag jul 'n "klapsoen" Maart hê!
GAAN PLASE SE PRODUKTIWITEIT OP OF AF?
PRODUKTIWITEITSBESOEKE
Vir die plase wat in 2022 nie spesifieke versoeke vir hulle plaasbesoeke gehad het nie, is ‘n gesprek tussen bestuur en toesighouers oor produktiwiteit gefasiliteer. Opsommend: lang-termyn produktiwiteitsmetings is byna onmoontlik, omdat die klem vanaf spoed en kwantiteit verskuif het na kwaliteit. Nuwe aanplantingsmetodes het ook produktiwiteit gelig. Toesighouers sukkel die meeste met jong mense se produktiwiteit. Opleiding kan produktiwiteit verbeter, maar wetlike verpligte opleiding help nie. Daar is ook tydens die besoek gekyk na die faktore wat die internasionale afname in produktiwiteit dryf en plase is dit eens dat ons deel van die wêreld is! Vir ‘n meer volledige verslag kliek hier. Daar is besluit om vir 2023 verder te gaan met hierdie tema. 

LESOTHO STATISTIEK
Daar was onlangs ‘n artikel in die "Business Maverick" oor Lesotho en die impak van veranderinge in die myne. Dit is insiggewend, omdat dit verduidelik waarom Lesotho werkers so desperaat is en so hard werk. In 1987 was die geld wat trekarbeiders Lesotho toe gestuur het, meer as dubbel die totale begroting van die land (236%). Dit is nou 21%. Dit word beskou as “a ‘remittance shock' without parallel in modern global economic history”. In 1987 het die myne 554 000 mense; in 2021 94 000 mense en nou ‘n beraamde 47 000 in diens geneem. Daar is ook geen toelaes behalwe ouderdomspensioen in Lesotho nie. 
LEDEGELD - NEEM ASB. KENNIS!
Ons vra verskoning dat jul nog nie 'n e-pos ontvang het oor die ledegeld nie. AgriSETA het oorgeskakel na ‘n nuwe program en die syfers is ongelukkig nog nie beskikbaar nie. Ons hoop om dit betyds te kry vir die ledegeld in Maart, indien nie, sal die ledegeld dalk eers op die April fakture kan wees.
Ons hou jul op hoogte en hoop dat die nuwe program so spoedig as moontlik vir ons die nodige syfers en inligting kan deurgee. Dankie vir jul geduld in hierdie opsig.
GR.8 KOSHUISPROGRAM
JEUG KAMP - SIEN JOU LIG RAAK!
Die personeel van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het gehelp om die fietsryers se dors te les by die Tankwa fietsresies.
WSP & ATR (WERKPLEKVAARDIGHEIDSPLANNE EN OPLEIDINGSVERSLAE)
Ons gaan eersdaags vir al die lede 'n e-pos uitstuur oor die voltooiing van julle WSP & ATR’s. Wees asb. op die uitkyk vir hierdie e-posse vanaf Ané en Euria. Die sluitingsdatum vir die indiening by die Seta, is 30 April 2023.
BESOEK EN BESPREEK: VARIABLE RATE APPLICATIONS MET BEMESTING 
Op 15 Februarie, het ons ‘n Besoek en Bespreek sessie gehad, waar verskillende tegnologiese stelsels vir bemesting bespreek is. 
AANBIEDERSWERKSWINKEL
Op 20 Februarie 2023 het ons jaarlikse Aanbiederswerkswinkel plaasgevind. Ons het hierdie geleentheid gebruik om terugvoering te kry by ons aanbieders oor die 2022 opleidingsjaar, sowel as om prosedures oor die 2023 opleidingsjaar met hulle te bespreek. Ons gasspreker vir die dag was Rolien Viljoen, en sy het ‘n interaktiewe sessie aangebied oor Google Classroom. Ons glo ons aanbieders het baie geleer hierby, en hopelik kan ons in die toekoms dit gebruik in sommige van ons kursusse!
BESPREEK NOU JUL OPLEIDING VIR 2023!
Ons het by die bemarkingsbesoeke gevra dat opleiding teen begin Maart op die webtuiste bespreek sal wees. Indien julle nog nie julle opleiding bespreek het nie, vra ons asb. dat julle dit so gou as moontlik sal doen. Ons wil graag nodige verskuiwings en kombinasies aan die kursusse maak soos dit nodig is, voor die opleiding begin. 
HR STUDIEGROEP - VERGOEDINGSWETGEWING (COIDA) - SKRYF NOU IN.
COID ACT

Daar is ‘n relatiewe negatiewe siening van werksbeserings in die Landbou en het die Departement van Opvoeding en Arbeid (DoEL) dit goedgedink om soveel as 50 plus nuwe inspekteurs aan te stel, wat hoofsaaklik op Gesondheid en Veiligheid in die Landbou moet konsentreer.

Met die aanbieding poog ons om die belangrikste aspekte rondom COID (Compensation for Occupational Injuries and Diseases), die ou WCA oor te dra en die kursusgangers met inligting te bedien wat die bestuur en hantering van die die Wet se voorskrifte op praktiese wyse te kan doen.

Ons kyk dus hoofsaaklik na die volgende aspekte:
•    Die Wetlike vereistes ten opsigte van COID
•    Wat presies is ‘n werksbesering?
•    Bestuur se direkte verantwoordelikhede tov ‘n insident/besering/siekte
•    Hoe gemaak met diegene wat kanse vat.

OPKOMENDE KURSUSSE:

  • Noodhulp Vlak 1 - Vermengde leer: 7 April 2023
  • HR Studiegroep - Vergoedingswetgewing (COIDA): 23 Maart 2023 
  • Steenvrugte Velddag: 29 Maart 2023 
  • Fokus en Tydbestuur: 3 en 4 April 2023
  • Basiese Beginsels van Toesighouding: 2-5 Mei 2023
Bespreek nou by euria@kbos.co.za of op ons webwerf by www.kbos.co.za
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*