|
TANKWA TREK FIETSRY RESIES
|
|
|
Hou bene hou! Op 3 tot 6 Februarie 2022, het die gewilde Tankwa Trek fietsry resies plaasgevind in die Koue Bokkeveld. Daar was groot opwinding om weer betrokke te wees en te help by die 4-dag resies. ‘n Totaal van 21 mense wat bestaan het uit personeel van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en gemeenskapslede, het gehelp by waterpunte en registrasie. Wat ‘n voorreg. Onder van links na regs is Landi Kahlmeyer, Edna Nigrini en Ané du Toit.
|
|
BEMARKINGSBESOEKE
Die bemarkingsbesoeke aan ons lede is nou 90% afgehandel. Baie dankie aan elke plaas vir jul tyd tydens ‘n besige seisoen/oestyd. Dit word opreg waardeer. Ons herinner almal om asb. voor einde Maart die winterplaasbesoek vorms terug te stuur indien jul nog nie het nie. Alle besprekings vir kursusse word op die webwerf gedoen. Indien u enige uitdagings ervaar kontak gerus vir Euria.
|
|
|
|
WSP & ATR PROSES HET BEGIN
|
|
|
U het reeds `n e-pos ontvang rakende die WSP proses wat vir AgriSETA doeleindes afgehandel moet wees teen 31 Maart 2022. Dit is `n maand korter as gewoonlik wat ons nie baie tyd gee nie. Ons versoek dus dat u so gou as moontlik aandag hieraan moet gee.
|
|
|
Daar was ‘n paar navrae oor die moontlikheid van ‘n Kettingsaag heropleiding kursus. Ons het besluit om wel die 1-dag verfrisser op 3 Oktober 2022 in Ceres en 4 Oktober 2022 in die Koue Bokkeveld aan te bied. Die hele kursus sal op ‘n plaas aangebied word en die plase sal nader aan die tyd bevestig word. Koste per persoon is R2015, lede-prys en R2420, nie-lede prys. Die kursus sal basiese veiligheidsaspekte en hanteringsmetodes insluit, asook ‘n praktiese komponent. Slegs studente wat reeds die volledige 3-dag Kettingsaag kursus al bygewoon het, mag die heropleiding kursus bywoon. Bewys van sertifikate sal aangevra word. Besprekings kan gedoen word by euria@kbos.co.za
|
|
|
Op 8 Februarie het ons nuwe verkose aksiekomiteelede opleiding ontvang om verwagtinge, rolle en verantwoordelikhede uit te klaar en ondersteuning en motivering vir 2022 te kry. Kyk net hoe lekker het hul die dag geëindig met Zipslide. 'n Praktiese ervaring om vrese te oorkom.
|
|
|
Ons is baie opgewonde oor die splinternuwe projek, die 9, 10, 11 Proses, wat ons vir die eerste keer in 2022 aanbied. Carmen, Ané en Michelle het reeds tydens die bemarkingsbesoeke die plase ingelig en meer vertel daaroor. Graad 9's kry die geleentheid om toegerus te word met inligting sodat wyse besluite geneem kan word oor vakkeuses. Graad 10's kry die geleentheid om op 'n opvoedkundige stappie te gaan na Worcester ten einde insig te kry in die gevolge van verkeerde keuses. Graad 11's kry die geleentheid om toegerus te word met inligting sodat wyse besluite geneem kan word oor "na matriek".
Nog opwindende nuus is dat ons befondsing ontvang het. Kliek op hierdie link vir meer inligting oor die program, aanbieders en datums. Kostes is soos volg:
Die 9 Proses - R500 per leerder i.p.v. R900 (Graad 9's).
Die 10 Proses - R200 per leerder i.p.v. R250 (Graad 10’s).
Die 11 Proses - R500 per leerder i.p.v. R2000 (Graad 11’s).
Dit is nog nie te laat om in te skryf nie. Stuur jou leerders se name, graad en skool vir Edna voor 3 Maart by edna@kbos.co.za. Daar is plek vir slegs 20 leerders per graad. "First come first serve".
Hierdie is 'n guldige geleentheid om jou plaas se jeug te ontwikkel en 'n positiewe inset te lewer!
|
|
|
APPEL SKURF EN WITROES VERVRISSER: DIE PATOGEEN, EPIDEMIOLOGIE EN BESTUUR
|
|
Gedurende die oggend van 4 Augustus 2022 sal bogenoemde lesing aangebied word deur Bekker Wessels, by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. Kostes beloop R610 per persoon en kan bespreek word by euria@kbos.co.za. Appel skurf en witroes van appels is twee belangrike beheerbare patogene wat jaarliks kop uitsteek. Die lesing sal handel oor die volgende punte:
- Ekonomiese belang en gewasskade
- Die patogene en belang tot gewasskade
- Simptome
- Siekte siklus
- Epidemiologie
- Siekte modelering en siektebestuur
|
|
|
STEENVRUGTE FALSKODLINGMOT + OOSTERSE VRUGTEMOT LESING
|
|
Gedurende die namiddag van 4 Augustus 2022, sal bogenoemde lesing by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum aangebied word deur Bekker Wessels en Gideon van Zyl. Kostes beloop R610 per persoon en kan bespreek word by euria@kbos.co.za Die lesing sal handel oor die volgende punte:
- Ekonomiese belang en gewasskade
- Die insekte en hul lewensiklus
- Monitering
- Bestuur
- Larwe ID
- Phytclean
|
|
Die sokker liga is reeds goed aan die gang en die tweede rondte het op 20 Februarie plaasgevind. Op 6 Maart sal die laaste 16 spanne uitspeel vir ‘n plek in die finaal op 19 Maart 2022. Kliek hier om te sien watter spanne deur is na die volgende rondte. Baie geluk en sterkte!
Die sokkertrekking vir die laaste 16 spanne sal op 2 Maart 2022 by die Nyukintaba Gemeenskapsaal om 19:00 plaasvind.
|
|
1. Opkomende kursusse: Daar is reeds opleiding vanaf Maart. Bespreek jul plekke nou op ons webwerf of by Euria.
- Fokus en Tydbestuur: 15 Maart te Ceres
- HR Studiegroep: 23 Maart te KBOS
- Aanbieders werkswinkel: 23 Maart nm. te KBOS
- Steenvrugte Velddag: 29 Maart
- Besoek en bespreek: Boorde van die toekoms: 6 April te KBOS
- Veilige hantering van gifstowwe: beginners: 14 April te Ceres
2. Ledegeld: Die ledegeld is vanjaar dieselfde as verlede jaar.
3. Sertifikaat aanbevelings: Neem asb kennis dat daar sekere sertifikate is wat nie `n verval datum op het nie, in sulke gevalle beveel ons aan dat die kursusse na elke derde jaar opgevolg of herhaal moet word.
4. Gesondheidswerker leerlingskap/vaardigheidsprogram: Daar het 'n behoefte ontstaan vir hierdie opleiding en ons wil graag 'n opname doen om belangstelling te toets. Daar moet 20 in 'n groep wees om te kan voortgaan met die opleiding en dit sal in samewerking met Philani aangebied word. Laat weet asb. vir Euria by euria@kbos.co.za indien jul sou belangstel in hierdie opleiding or vir meer inligting.
|
|
|
Daar was baie geleer en lekker kos gemaak by die APD huishouding kursus.
|
|
|
|
|