Desember 2020_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM

'N GESEËNDE FEESTYD


In die Witzenbergstreek is Desember effe anders as die res van die land. Dis 'n besige tyd, met spanne wat hard werk om die oes af te kry, verpak te kry, versend te kry.

In sommige gevalle is ons eintlik nou in die middel van ons jaar, nie aan die einde nie.

Ons hoop tog dat elkeen van ons produsente en al die agri-werkers wel in hierdie feestyd 'n oomblik sal kry om terug te kyk na die jaar wat verby is, asook om vorentoe te kyk na die die jaar wat kom. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum is gereed vir 2021 en al die uitdagings wat dit ook al mag bied.

Ons wens vir almal 'n Geseënde Kersfees en 'n feestelike seisoen toe. Bly veilig. Baie dankie vir jul getroue ondersteuning. Voorspoed vir die oestyd wat voorlê.

 
Geniet gerus ons laaste nuusbrief vir die jaar. Die sentrum sluit die namiddag van 22 Desember en enige dringende navrae in dié tyd kan aan Carmen Roberts gerig word by  082 765 8872.

Lekker lees!

Die KBOS-span

BELANGRIKE NUUSBROKKIES

  • Ons deel graag die opwindende nuus dat ons nou geakkrediteer is by die Quality Council for Trades and Occupations (QCTO) vir die periode van nou tot 2025. Dit beteken ons kan voortgaan met ons beroepskwalifikasies.
  • Ons is baie opgewonde om ons nuwe webwerf te “launch” op die 18de Desember 2020. Die 2021 jaarprogram sal ook daarop wees en jul kan nou al begin bespreek vir jul kursusse. Sien heel onder aan die nuusbrief 'n voorsmaak van hoe dit gaan lyk.

WENNNERS VAN ONS TUINBOU-KOMPETISIE

Ons jaarlikse tuinbou-kompetisie het weereens hierdie jaar wonderlike resultate opgelewer. Ons wil graag die wenners hier gelukwens en hul pragtuine met jul deel.
ONS WENNER: Mary Ockhuis. Woon Op-die-Berg en werk by Disselfontein.
TWEEDE PLEK:  Catherine Jacobs, woon en werk op Bronaar.
DERDE PLEK: Zenzile Mashiya, woon en werk op Doornkraal.

2021 JEUGPROGRAM - ONS SKOP AF MET DIE SOCIAL DILEMMA

Dit is beslis 'n opwindende jaar wat voorlê vir jeug wat aan ons program deelneem.

Met die intrapslag vir die eerste vier sessies gaan ons die dokumentêr The Social Dilemma bespreek en met die jeug behandel.

Inskrywings vir die jaarprogram is oop vanaf 11 Januarie en sluit 20 Januarie. Die getalle kan vir Landi by landi@kbos.co.za aangestuur word en kostes beloop R300 per leerder. 
SKRYF VANDAG IN

PLUKKURSUS-ORIËNTASIE

Ons het op die 1ste Desember ons pluk-oriëntasie aangebied vir die toesighouers van spanne. Die kursus word ingepas by plase se skedules en roosters en fokus daarop om gehalte vrugte deur middel van 'n goeie plukproses te verseker. Ons heg weer hieronder die plukkursusinligting aan vir enige belangstellendes.

KORTLIKS


  • EDNA IS OP KRAAMVERLOF
    • Edna is op kraamverlof vanaf 4 Desember 2020 tot 23 April 2021 en sal dus weer op kantoor wees vanaf 26 April 2021. Verskeie personeellede gaan haar werkstake oorneem. Indien daar enige navrae is oor die onderstaande projekte is die kontaklys beskikbaar op ons facebookblad.
  • GOB jaarbeplannner
    • Kliek op hierdie skakel om die GOB Jaarbeplanner op ons webblad te sien.
Die tuisblad van ons nuwe webwerf. Besoek dit gerus vanaf 18 Desember 2020.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*