Augustus 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
FEESTELIKE AUGUSTUS
Daar was omtrent feesgevier tydens Augustus-maand. Ons Witzenberg Prestige Landbouwerker van die Jaar is aangewys, die vrouens het Vrouedag saam gevier en dit was jolig tydens die musiekwerkswinkel.
Sit gerus jou feeshoed op en word deel van al die lekker opleiding en feesvieringe wat nog voorlê.
Lees meer onder om dit nie mis te loop nie.
DIT SKITTER BY DIE WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS 2025
Baie geluk aan Carmanita Snyders van Verdun Estates wie gekies is as 2025 se Witzenberg Prestige Landbouwerker van die jaar!
Van links na regs: Chris Schutte (Shoprite), Carmanita Snyders (Verdun Estates), Carmen Roberts (Koue Bokkeveld Opleidingsentrum) en Franco Williams (Departement van Landbou-Landelike Ontwikkeling).
Baie geluk ook aan die al die kategorie wenners. Kliek hier om te sien wie gewen het.
'n Spesiale dankie aan al die plase wat só baie moeite gedoen het met hul tafelversierings – die kreatiwiteit rondom die tema “Ons droom vir ons plaas en/of gemeenskap” was inspirerend. Geluk aan ons drie wenners in dié afdeling:
Donkerbos het weggestap met die 1ste plek.
Kromfontein in die 2e plek.
Vastrap in die 3e plek.
VROUEDAG - 'N DAG GEVUL MET HARTROERENDE LEWENSVERHALE
Op Saterdag, 9 Augustus, het ons met trots die vroue van landbou in die Witzenberg gevier. 724 vrouens het die geleentheid bygewoon, waarvan 157 Xhosa-sprekend was.
Baie dankie aan Departement van Landbou: Landelike Ontwikkeling vir hulle geskenkpakkies vir die gelukkige trekkings en sprekers.
MUSIEK PROJEK
Wat ’n inspirasie! Op Saterdag, 16 Augustus, het Rowan Musiekskool van Wellington nóg ’n fenomenale musiekwerkswinkel aangebied. 25 entoesiastiese leerders en 5 toegewyde fasiliteerders het saamgekom om hul talent te slyp en met passie te oefen. Hulle berei hard voor vir ons groot inhuis-konsert op 6 Desember – ’n dag wat jy beslis nie wil misloop nie! Merk dit nou al in jou dagboek, want dit gaan ’n fees van musiek en talent wees!
AGRISETA BEFONDSINGSAANSOEKE
Die AgriSETA befondsingsaansoeke sluit op 15 September. Dit sluit projekte in soos beurse, internskappe, werksplekplasings, leerlingskappe, en vaardigheidsprogramme. Indien jy nog graag wil aansoek doen, stuur asseblief so gou as moontlik die nodige dokumente vir Marnel na admin02@kbos.co.za
DIE NUTSMAN WERKSWINKEL - BOU VAARDIGHEDE EN SELFVERTROUE
Die nutsman werkswinkel het ongelooflike goeie terugvoering ontvang en ons is opgewonde om dit weer aan te bied in die toekoms. Sien skakel onder vir die Hortgro artikel om meer te lees van hierdie merkwaardige en leersame werkswinkel:
https://www.hortgro.co.za/news/gemeenskapswerkswinkels-bou-vaardighede-en-selfvertroue/
SKRYF NOU DIE MANNE IN VIR ONS OPKOMENDE MANNEDAG! 
DIE 1,2,3 WERK-STUDENTE IN AKSIE - BRIGHT STAR, SNOEI EN REKENAARS
SKRYF NOU IN VIR ONS XHOSA GESPREKSKLASSE!
HR STUDIEGROEP: COIDA EN ESTA
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Excel Vlak 1; 9+10 Sept; KBOS
  • Veiligheid en Gesondheidsverteenwoordigers (AFR); 9+10 Sept; Ceres
  • Veiligheid en Gesondheidsverteenwoordigers; Her(XHOSA); 11 Sept; Ceres
  • Excel vlak 2; 16+17 Sept; Ceres
  • Algemene Nutsman (verfwerk); 15-19 Sept; TBC
  • Noodhulp vlak 2 (XHOSA); 16-18 Sept; TBC
  • Senior Struikelblokke; 19 Sept; KBOS
  • Kantoor administrasie; 23 Sept; Ceres
  • KID vir Toesighouers; 23 Sept; TBC
  • Veiligheid en Gesondheidsverteenwoordigers (AFR); 25+26 Sept; KBOS
  • Spanleiers (XHOSA); 25+26 Sept; Ceres
  • Opvolg van 2024 Toesighouers; 30 Sept + 1 Okt; Ceres
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*