Augustus 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
ONS VIER VROUWEES IN AUGUSTUS 
"Each time a woman stands up for herself, she stands up for all women". 
Mag elke vrou, vrouwees "OWN"! Besef dat hul die lewe inkleur, hoeveel waarde hul het, en hoe sterk hul is.
Lees lekker verder oor al die opleidingshoogtepunte van Augustus-maand.
AFRIKAANS EN XHOSA VROUEDAG - DEUR DIE GELAG EN DIE GEHUIL IS ONS #STRONGERTOGETHER!
Vrouedag sprekers
AGRISETA BEFONDSINGSAANSOEKE
Die AgriSETA befondsingsaansoeke sluit op 15 September. Dit sluit projekte in soos beurse, internskappe, werkplekplasings, leerlingskappe, en vaardigheidsprogramme. Indien jy nog graag wil aansoek doen vir van die projekte, stuur asb. so gou as moontlik die nodige dokumente vir Ané by ane@kbos.co.za
GROENTETUIN WERKSWINKEL
33 entoesiatiese tuiniers het op Saterdag, 24 Augustus 2024, ons eerste groentetuin werkswinkel bygewoon. Daar was ‘n goeie balans tussen ‘n lesing wat o.a. bestaan het uit groepwerk en besprekings, sowel as prakties en lekker lag op die koue Saterdag. ‘n Hoë gehalte werkswinkel vir spotgoedkoop. Dit is vir ons goed om te weet mense wil in hulle eie tyd hulself bemagtig met kennis om voedselsekuriteit vir hulle families te verseker.
1, 2, 3 WERK TERUGVOERING
Ons tweede 1,2,3 Werk groep wat einde Februarie 2024 klaargemaak het, is opgevolg om te hoor waar die studente is, ses maande nadat die program voltooi is.

Van die 20 studente wat die program voltooi het, werk 16 nou nog in landbou. 15 werk op die plaas waar hulle begin het, en vyf het bedank.
Een van die studente wat bedank het werk nou op ‘n ander plaas. Een ander student wat bedank het, het ‘n kursus afgelê en werk nou by Ceres SAPD. Die ander drie studente wat bedank het, weet die plase nie/het nie genoem waar hulle werk nie.
Vyf studente is bevorder na ander poste vandat die program voltooi is. Hulle nuwe poste sluit in besproeiing persone (2), voorman (1), spesialis werker in kwekery (1) en plaagbeheer (1).
Daar is vyf studente wat die plase beoog om in die toekoms te bevorder, omdat hulle goeie werk en groei toon. Daar is vyf studente wat die plase aangedui het nog in dieselfde posisie is as tydens die program, maar het nie genoem dat hulle beoog om die studente te bevorder nie. Hierdie 10 studente werk nou as paletiseerders in die pakstoor, operateurs, besproeiing manne en algemene werkers.

Positiewe terugvoering is ontvang van die bestuurders:
  • “Die studente se selfvertroue het verbeter en het meer verantwoordelikheid begin neem van sy werk”.
  • “Verstaan die plaas opset beter, en die Bright Star kursus het ‘n ongelooflike impak op sy karakter gehad”.
  • “Gesprekke tussen hom en Bestuurder toon dat die student sy kennis van die klaskamer kan oordra in praktyk”.
  • “Beide studente is baie meer verantwoordelik en is trots in hulle werk. ‘n Ander tipe volwassenheid word by hulle waargeneem”.
Alhoewel daar ook uitdagings met motivering en logistieke reëlings was by van die studente/plase, het meeste plase gesê dat hul weer studente sal stuur op hierdie program omdat dit vir jong skoolverlaters meer kennis gee oor verskillende aspekte van die boerdery-bedryf.
LEERDERS VISIE EN TOEKOMS - DIE PROSES

Die Proses begin van graad 9 tot graad 12. Die doel van die program is om met leerders ‘n pad te stap sodat hulle die regte keuses maak asook die loopbane vervul wat by hulle as ‘n individu pas.
Hiermee die kostes en datums:
Die 9 Proses: R950 per leerder: September skoolvakansie
Die 10 Proses: R350 per leerder: 25 September

Die 11 Proses: R1450 per leerder: 20-22 September by Boy Muller
Die 12 Proses: Gratis
Kliek op hierdie skakel vir meer inligting oor wat elke groep proses behels.
KID (KURSUS IN INTERPERSOONLIKE DOELTREFFENDHEID) - VERDUN
Wanneer toesighouers opgelei word, hoor ons: “Dis goed en wel, maar my baas moes nou hier gewees het”. Vir opleiers is dit frustrerend as studente nie ondersteun word om die opleiding toe te pas nie. Bestuur is dikwels onbewus van hierdie verwagtinge a.g.v. ‘n gebrek aan blootstelling.
 
By Verdun is hierdie probleme voorkom deur ‘n strategie te volg deur KID vanaf die boonste vlak aan te bied. In 2022 het Peter en Georgie die befaamde “Piet Schoerie” gesprek gedoen, in 2023 het hulle in-huis, saam met die senior bestuurspan deur die 5 groepsessies gewerk.  Vanjaar het die volgende vlak die geleentheid gekry, die spanleiers is volgende jaar aan die beurt.
 
Die resultate sover lyk belowend.  Aanhaling deur Verdun: “Hierdie kursus het gehelp om ons as ‘n span saam te snoer deur een taal te praat, ons ore oop te maak vir voorstelle van ander, mekaar aanspreeklik te hou vir die regte manier van doen, moeilike situasies dadelik aan te spreek en ‘n positiewe energie geskep om aan te hou verbeter”. - Mareé Lambrechts
GLOBALGAP EN VOEDSELVEILIGHEIDSTANDAARDE OPLEIDING
Die voortgesette ooreenkoms tussen Boland Kollege, Q-Point en Koue Bokkeveld Opleidingsentrum het tot ’n  verdere geleentheid gelei vir opleiding oor GLOBALGAP en Voedselveiligheidstandaarde. Dit was ‘n geleentheid waarnatoe Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, kursusgangers kon stuur vir opleiding by Boland Kollege in Worcester.
Baie goeie inligting is gedeel waarby die deelnemers baie baat gevind het.
VEREISTE VIR NOODHULP KURSUSSE
Ons wil net graag weer vir julle herinner dat studente wat ingeskryf word, moet ten minste Graad 9 hê. Studente moet ‘n toets skryf tydens die kursus, en as hulle dit nie deurkom nie, sal hulle nie ‘n sertifikaat van bevoegdheid ontvang nie.
KURSUSSE IN AUGUSTUS
First Steps 
Veilige hantering van gifstowwe
Keyphase
Bright Star
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Boordmonitor: 5 en 6 September; Ceres Museum
  • Senior Struikelblokke: 6 September; KBOS
  • KID vir Toesighouers: 11 September en 11 Oktober
  • KID vermengde leer: 12 September en 17 Oktober; Ceres Museum
  • Vitrax Pallet Basics en Logistics: 17 September; KBOS
  • Trekkeroperateur: 17-19 September; Witzenbergvallei
  • Veilige hantering van Gifstowwe heropleiding: 20 September; KBOS
  • QC vir groente pakstore: 20 September; KBOS
  • Kettingsaag: 25-27 September; KBOS
  • Besoek en Bespreek Vrugtevlieg: 26 September; KBOS
  • Opvolg van 2022/2023 Toesighouers Afrikaans: 1 en 2 Oktober; Ceres Museum
  • Opvolg van 2022/2023 Toesighouers Afrikaans: 3 en 4 Oktober; KBOS
  • Besproeiing Voormanne: 3 Oktober; Ceres
  • Weedeater heropleiding: 3 en 4 Oktober; KBOS
  • Opvolg van 2022/2023 Toesighouers Xhosa: 8 en 9 Oktober; Ceres Museum
  • Opvolg van 2022/2023 Toesighouers Xhosa: 10 en 11 Oktober; KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*