Augustus 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
STRONGER TOGETHER
Dit is net groen en goud waar jy kyk. Die Springbok-gees loop hoog! Die gees van die Sokker Wêreldbeker-toernooi vir Vroue loop hoog! Nie eers gepraat van die Netbal Wêreldbeker-toernooi nie.
Dit pas so mooi in by die nuwe seisoen van lente. Almal het hoë verwagtinge vir die Rugbywêreldbeker-toernooi, en mag ons ook met daardie opwinding en oorvloed van hoop in die nuwe landbou seisoen en opleidingseisoen instap. Saam is ons 'n span. Saam is ons sterker.

Daar is baie om na uit te sien by die opleidingsentrum. Lees meer onder...
MANNEDAG 2023
In die gees van die al die Wêreldbeker toernooie 2023, nooi ons al die manne om hulle rugby- en sokkertruie aan te trek vir Mannedag. The Justice Team is betrokke by verskillende gevangenis/bendes programme en fokus op die impak van afwesige pa’s op jou kind se toekoms. Vele meer sprekers om na uit te sien. Kom neem deel!
SDL & WSP & DISKRESIONÊRE TOEKENNINGS
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer werkgewers diskresionêre aansoeke by AgriSETA kan indien. Ons het dit goedgedink om weer aan almal te verduidelik hoe die proses werk en hoe bogenoemde aksies inmekaar pas, asook hoe belangrik deelname aan hierdie aksies vir die werkgewers is.    

Werkgewers betaal 1% van lone en salarisse oor aan SARS as `n vaardigheidsheffing. Van daardie 1%, gaan 20% na NSF (Nasionalevaardigheidsfonds), en 80% na die Seta, in ons geval  AgriSETA. AgriSETA betaal 20% uit as 'n “Mandatory Grant” aan werkgewers indien hul werkplekvaardigheidsplanne en opleidingverslae elke jaar gedurende April ingedien is.

Kom ons staan eers 'n rukke stil hier... As deel van die WSP & ATR proses wat julle elke jaar invul, is daar 2 vrae wat spesifiek van toepassing is op vaardigheidsgapings en poste wat moeilik is om te vul in julle besighede. Die data wat die Seta uit hierdie WSP & ATR’s kry word onder andere gebruik om insae te lewer tot hulle SSP en ten einde hulle Sektorale prioriteitsberoepslys vir 2024/2025 programme op te trek. 'n Sektorvaardigheidsplan (SSP) dien as 'n omvattende dokument wat die vaardigheidsvraag en -aanbod uiteensit wat lei tot die vaardigheidsgapings wat in 'n sektor bestaan. Hierdie vaardigheidsgaping (skaars of kritieke vaardighede), lig die ontwikkeling van PIVOTAL intervensie in wat daarop gemik is om vaardigheidsbehoeftes in die sektor aan te spreek. Die Seta doen ook van tyd tot tyd opnames òf direk òf deur Hortgro om nog data in te samel rakende skaars en prioriteitsvaardigheide in ons sektor.  

Hierdie PIVOTAL intervensies is die programme wat deur die diskresionêre toekennings voor aansoek gedoen kan word en die Sektorale prioriteitsberoepslys vir 2024/2025 programme wys watter intervensies deur die Seta beplan word. Die diskresionêre toekennings maak 49.5% van die SDL uit. Met ander woorde, hierdie programme is jou leerlingskappe, geborgde kort kurssse, beurse, internskappe, werkplekplasings. AET's ens. Dit is dus uiters belangrik om die band tussen dit wat in die WSP & ATR‘s deurgegee word en dit wat op die ou end voor aansoek gedoen kan word, as diskresionêre te sien. Hierdie toekennings word nie outomaties aan werkgewers gegee nie. Julle moet aansoek doen daarvoor en diè is die aansoeke wat tans oop is. Sien onderstaande skakel na die Sektorale prioriteitsberoepslys vir 2024/2025 programme van AgriSETA vir hierdie jaar se aansoeke.  
https://www.agriseta.co.za/wp-content/uploads/2023/08/Sectoral-Priortiy-Occupations-2024_25-SPOIL.xlsx
Kyk daarna. Kyk hoeveel van ons primêre landbou se poste is daar gelys as prioriteitsposte en die intervensies wat daarmee saamgaan. Neem ook kennis dat hierdie jaar die laaste jaar is wat julle kan aansoek doen vir die bestaande leerlingskappe soos wat dit tans gedoen word. Vanaf 2024 word dit vervang met beroepskwalifikasies!! Ons moedig lede aan om hierdie geleentheid te gebruik om aansoek te doen vir die diskresionêre toekennings.  

Die ander 10.5% gebruik die Seta vir hulle Admin asook QCTO kostes ens. Vir verdere navrae oor die geborgde kursusse wat tans oop is kontak asb. vir  Ané by ane@kbos.co.za
XHOSA EN SOTHO KAMP
Hierdie kamp spreek verskeie behoeftes en uitdagings aan waarmee ons Xhosa en Sotho mense sukkel en nie weet hoe om dit te hanteer nie. Die kamp fokus baie op emosionele ondersteuning, trauma vanuit die verlede, leierskap en hantering van ‘my familie in die land’. Skryf gerus in by euria@kbos.co.za 
DIE GRAAD 9,10,11 PROSES 2023
Ons wil binnekort met die program van die Proses begin. Sien program en meer inligting onder (datum, proses, gebeurtenis en plek):
  • 3 Oktober: 11 Proses - CV, Onderhoud en Beroepstoetse - KBOS
  • 6 Oktober: 10 Proses - Worcester uitstappie - Verskeie optel punte
  • 6 Oktober: 9 Proses -  Persoonlikheidstoetse en Rootskills dag - KBOS
  • 8-10 Desember: 11 Proses - Leierskapskamp - Boy Muller
IS JOU AGRISETA BEFONDSING AANSOEKE IN?
Die aansoeke vir AgriSETA befondsing is weer oop. Dit sluit projekte in soos beurse, internskappe, werksplekplasings, leerlingskappe, en vaardigheidsprogramme. ‘n Paar e-posse is al uitgestuur met die nodige inligting om aansoek te doen vir die verskeie projekte. Indien u nog wil inskryf versoek ons dat julle dit NOU doen! Ons aansoeke moet ingedien wees by AgriSETA teen 12 September 2023. Kontak vir Ané by ane@kbos.co.za vir enige navrae.
SOKKER NUUS
Let asseblief op na die datums en lokale van die twee algemene vergaderings:
  • 6 September - Gemeenskapsaal, Op-die-Berg, 19:00.
  • 7 September - Ribbokpark, Bo-Swaarmoed, 19:00.
Jou plaas kan kies watter een julle wil bywoon. Ons nooi alle sokkerspelers uit, aangesien daar belangrike punte op die agenda is. Die sokker-toernooi skop amptelik op 17 September af.
BEE INLIGTING SESSIE
Elsa Frylinck van Black Swan Empowerment kom ons besoek op Dinsdag, 12 September by die Opleidingsentrum, om 13:30. Sy gaan in die sessie meer inligting deel oor BEE en hoe om ons kliënte te help om hulle vaardigheidsontwikkeling punt te verbeter. Alle lede is welkom om hierdie sessie by te woon. RSVP asb. by Euria by euria@kbos.co.za indien u hierdie sessie wil bywoon. 
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Boom kursus: 14 en 15 September; KBOS
  • Nasorg Program: 18 en 19 September; KBOS
  • Besproeiing Voormanne: 9 Oktober; Ceres
  • Besproeiing Voormanne: 10 Oktober; KBOS
  • Kokke kursus: 10 Oktober; Elim
  • Groente Monitors: 19 Oktober; KBOS
  • Senior Struikelblokke: 12 Oktober; Ceres
  • Senior Struikelblokke: 19 Oktober; KBOS
  • Besoek en Bespreek: Chemiese Uitdun en Plantgroei reguleerders: 18 Oktober; KBOS
  • Basiese Auto Elektries: 23-27 Oktober; KBOS
  • Basiese Beginsels van Toesighouding Xhosa: 24-27 Oktober; Ceres
SIEN FOTO'S ONDER VAN KURSUSSE WAT PLAASGEVIND HET!
Bo is studente lekker laf by die Voeding kursus op Rietfontein. Onder volg die Basiese beginsels van toesighouding en Trekker Operateur kursusse.
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*