|
VROUEDAG 2022 - 'N DAG VAN JUIG EN FEESVIER!
|
|
|
Op 9 Augustus, het 678 vrouens bymekaargekom om Vrouedag te vier. Dit was ‘n absolute fees om weer so klomp vrouens bymekaar te hê. Elke vrou wat daar weggestap het, het meer waardig en geliefd gevoel, wat natuurlik die hoofdoel van die dag was. Die vrouens het gelag dat hulle oë traan en gejuig op die lekker musiek. Die sprekers wat van ander dorpe en stede afkomstig is, kon nie glo wat ons regkry op Vrouedag nie. Sien onder hoe lekker en vrolik die atmosfeer was.
|
|
|
Die sluitingsdatum vir plase om AgriSETA befondsing aansoeke na ons te stuur is reeds verby en ons het opgemerk dat die aansoeke redelik min is hierdie jaar. Let asb. daarop dat die aansoek prosedure vir befondsing verander het. Daar is nou slegs een aansoekvenster waar alle programme se aansoeke ingedien moet word. Dit sluit in Leerlingskappe, Vaardigheidsprogramme, Internskappe, Werkplek plasings, Beurse, Vakmanne en ABET. Indien daar nog plase is wat wil aansoek doen moet julle asb. so gou as moontlik die vorms vir ons aanstuur of kontak vir Ané by ane@kbos.co.za.
|
|
|
LEDEVERGADERING TERUGVOERING
|
|
Op Woensdag 10 Augustus, was ‘n vergadering gehou om kommer te lig oor AgriSETA befondsing wat nie toegestaan word aan ons lede nie. Anton Rabe, wat dien op die raad van AgriSETA, Dr. Sirovha, die Uitvoerende Hoof van AgriSETA en Frikkie Fouche het die vergadering bygewoon.
Die vraag aan die Seta was hoekom die goedkeuring van befondsing vir ons streek die afgelope paar jare afgeneem het terwyl die heffingbetalings bly toeneem. Die versoek aan AgriSETA was dat hul die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum moet sien as ‘n verteenwoordiger van hierdie heffingbetalers en dat ons namens hulle mag aansoeke indien vir befondsing. Die logistiek rondom die individuele goedkeurings is weer onder hulle aandag gebring, omdat dit veroorsaak dat plase wat baie vêr van mekaar geleë is in dieselfde groepe ingedeel word vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme. Die 3-jaar vennootskap voorstel wat ingedien is, is ook weer onder hulle aandag gebring.
Die antwoord vanaf die Seta is dat die vennootskap befondsing uitgeput is. Die aansoek is nie afgekeur nie, maar sodra daar weer fondse daarvoor beskikbaar is sal hulle weer na die voorstelle kyk. Hulle sal verkies dat die befondsing aansoeke in die werkgewer se naam self is, maar hulle besef wel dat daar uitdagings vir ons is. Die voorstel is dat Koue Bokkeveld Opleidingsentrum die aansoeke doen as diensverskaffer vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme. Daar sal dan per plaas aansoek gedoen word vir die ander projekte. Lede word aangemoedig om nou van hierdie geleentheid gebruik te maak om aansoek te doen vir die AgriSETA programme. Aansoeke moet teen 15 September ingedien wees by die Seta.
|
|
|
9 PROSES - ONS LEERDERS VERKEN LOOPBAAN OPSIES
|
|
Deel van die 9 Proses is ‘n uitstappie na ons plaaslike instansies om ‘n beter idee te kry van verskillende beroepe. Leerders van Boy Muller, Skurweberg, Bella Vista Hoërskool, Iincinga Zethu, Ceres Sekondêr en Charlie Hofmeyer het op 24 Augustus op hierdie uitstappie gegaan.
Ons het eers by Ceres SAPD (Suid-Afrikaanse Polisiediens) gestop waar hulle beter insig gekry het van wat dit behels om in diens van die SAPD te wees. Die leerders het omtrent geskrik toe hulle binne-in die tronkselle geneem is en besef dat dit nie so "cool" is om hier op te eindig nie.
Daarna is ons na die brandweerdienste waar hulle verskeie demonstrasies vir ons gewys het.
Bella Frutta se pakstoor was vir ons verbasend die instansie wat die leerders die meeste geniet het. Daar was 'n aansteeklike gees en opgewondenheid toe hul daar rondgestap het en hul was verwonder om te sien wat 'n pakstoor als behels.
By Ceres Hospitaal kon ons ongelukkig nie ingaan nie, maar Meneer Titus het vir ons vertel van die verskillende poste binne die Departement van Gesondheid asook watter vakke nodig is om in die mediese rigting te gaan studeer.
Hierdie is definitief ‘n uitstappie waarby die leerders baie geleer het en wat goed aanpas by die persoonlikheidstoetse wat hulle reeds gedoen het om vir 2023 die regte vakke te kies sodat hulle hul droomberoep kan bereik.
|
|
|
KOORFINAAL - DE KOCK BOERDERY SE MASSAKOOR KOOK!
|
|
|
Baie geluk aan De Kock Boerdery se Massakoor wat met die beker huis toe gestap het tydens die Koorfinaal op Saterdagaand, 27 Augustus. 7 kore het gekompeteer vir die algemene wenner titel en die kwaliteit van die deelnemers was hoog. Wat 'n spesiale aand met lekker gees en musiek pragtig op die ore.
|
|
|
|
Baie dankie aan die plase wat skriftelike terugvoering gegee het rakende die dringende sake. Ons gaan so spoedig as moontlik daarna kyk en almal se menings inagneem wanneer daar strategieë in plek gesit word om sokker te verbeter.
|
|
|
Ons is druk besig om die nuwe QCTO kwalifikasie van die grond af te kry. Hortgro verskaf hulp aan produsente deur werkswinkels aan te bied, waar onderwerpe en uitdagings bespreek word. Hortgro het ‘n artikel uitgereik, New qualification bridges gap - Hortgro, waarin meer inligting oor die kwalifikasie gedeel word.
|
|
|
OPKOMENDE KURSUSSE - SKRYF BETYDS IN
Hier volg 'n paar kursusse wat nog plekke beskikbaar het. Kontak vir Euria by euria@kbos.co.za of bespreek op ons webwerf by www.kbos.co.za
- HR Studiegroep: 7 September: Ceres
- Veilige hantering van gifstowwe beginners (Xhosa): 9 September: Ceres
- KID vir Toesighouers (Xhosa): 13 September: KBOS
- Excel Vlak 1 – 3: 19-23 September: KBOS
- Brandbestryding: 19-20 September: Ceres
- Brandbestryding: 21-22 September: KBOS
- Kalibrasie en toediening - Vrugte: 9 September: KBOS
- Excel vlak 1-3 e-leer: 3 Oktober
|
|
|
|
|
‘n Potensiaal en Persepsie kursus by Boschendal is gedoen op 10 Augustus.
|
|
|
Onder volg 'n paar foto's van die KID vir Toesighouers, Noodhulp Vlak 2 en Hantering van 'n Spuitpomp kursusse wat in Augustus plaasgevind het.
|
|
|
|
|