2021 WITZENBERG PRESTIGE LANDBOUTOEKENNINGS
|
|
|
Ons sien baie uit na ons 2021 Witzenberg Prestige Landboutoekennings wat op die 2e September by Kaleo gaan plaasvind. Die kandidate is eksklusief uitgenooi en sal dan die uitslae ontvang van die wenners van die verskillende kategorieë sowel as beste presterende plaas, beste potensiaal en natuurlik Landbouwerker Van Die Jaar. Baie sterkte!
|
|
LEERLINGSKAPPE SKOP GOED AF IN 2021
|
|
Op die landbouleerlingskap-front is dit baie bedrywig. Die huidige twee landbouleerlingskappe (ZZ2 en NQF 4), is goed aan die gang. Die ZZ2 groep voltooi die landbouleerlingskapkursus aan die einde van Oktober 2021.
Vanjaar was ons gelukkig om befondsing vanaf AgriSETA te bekom t.o.v. die volgende landbouleerlingskappe wat in September 2021 gaan begin. Een NQF 1 Xhosa landbouleerlingskap gaan aangebied word by die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum terwyl die Afrikaanse NQF 1 landbouleerlingskap aangebied sal word by Lushof se saal te Prince Alfred’s Hamlet.
'n Nuwe groep NQF 4 studente gaan ook begin in September 2021.
|
|
|
|
Kyk net hoe mooi is Tweefontein se wenplakkate, wat gemaak is tydens die Komitee opleiding kursus op 3 Augustus 2021. Links (1) – Jan Sneuwe (2) Thabo Mosebo (3) Jeneke Sneuwe (4) Elias Thoba
|
|
JEUGPROGRAM VIER DIVERSITEIT
|
|
Ons jeugprogram het in Julie gefokus op diversiteit om aan te sluit by die sentrum se oorhoofse tema van 2021.
Die oulike boek, “Skin we are in. A celebration of the evolution of skin colour”, was as leermateriaal gebruik.
Ter inleiding het ons gesels oor of jy jou vel sal wil verander soos ’n verkleurmannetjie en hoekom. Die leerders het goeie gesprekke gevoer en die gees was hoog. Ons het afgesluit met Suid-Afrika as ‘n reënboognasie en elke groep het hulle eie reënboog vir die plaas gemaak. Kyk net hoe kreatief was ons jeug!
|
|
|
BASIESE BEGINSELS VAN TOESIGHOUDING
|
|
|
Covid-19 het ernstige gevolges vir die ekonomie. Baie besighede sukkel om kontantvloei probleme te oorkom. Tog is goeie bestuur van spanne, veral in die gespesialiseerde boerdery omgewing, baie belangrik.
Om die kursus vir spanleiers/toesighouers/voormanne meer bekostigbaar te maak, bied ons die kursus vir die res van 2021 teen 20% afslag aan. Dit is vir Afrikaans en Xhosa sprekendes.
Die prys is dus nou R3160 per persoon. Kontak Euria vir inskrywings of skryf in op ons webwerf.
Hierdie kursus word aangebied op die volgende datums:
- 14 - 17 September - Afrikaans
- 12 - 15 Oktober - Xhosa
- 26 - 29 Oktober - Afrikaans
- 2 - 5 November - Xhosa
|
|
BEURS-, INTERNSKAP- EN WERKPLEKPLASINGS-AANSOEKE
|
|
Ons herinner net aan die aansoeke vir die beurs, internskap en werkplekplasings waarvan die sluitingsdatum 20 Augustus 2021 was. Aansoekvorms is reeds gestuur op e-pos en indien jy meer inligting soek kontak vir Michelle by michelle@kbos.co.za. Laat aansoeke moet dringend aan Michelle gerig word.
|
|
|
Op 9 Augustus 2021, het ons vir die eerste keer 'n Xhosa Vrouedag gevier. Die vrouens was omtrent uitgevat in hul kleurvolle en elegante uitrustings en het dit vreeslik geniet. So baie, dat hul gevoel het die dag was te kort.
Phumzile September, ons hoofspreker se bekende woorde van haar NPO #loveyourself, het baie goed deurgedring na die dames, want elke vrou het soos ‘n koningin gevoel toe sy daar wegstap. Vaardighede was aangeleer, soos genoem deur Phumzile: “To groom them from princesses to queens”.
Ons sprekers het 'n verskeidenheid vroue-uitdagings aangespreek, lekker saam gelag en goeie wenke gekry oor kleredrag en versorging, maar het ook belangrike gesondheidskwessies soos HIV en Ovariale kanker bespreek. Aan die einde van die dag het elkeen ‘n kort vraelys ingevul ten einde behoeftebepaling te doen en om dienslewering te verbeter.
|
|
HOSTELNAVORSING EN WERKSWINKEL
|
|
|
Tien lede-organisasies het deelgeneem aan en betaal vir ‘n navorsingsprojek deur Joy oor die meer ingewikkelde aspekte van hostelle. Besoeke aan plaaslike hostelle het ingesluit: vraelyste, gesprekke en die optrek van droom hostel planne deur die inwoners. Hostelle buite ons streek, wat anders werk, is besoek en onderhoude is gevoer met verskeie plaaslike kenners: bou-inspekteurs, argitekte, hardeware kenners, “compliance” organisasies en mense wat "muti" en tradisie kon verduidelik. Uit hierdie navorsing is ‘n praktiese dokument opgetrek. Tydens die terugvoering sessie is die volgende besluit:
|
|
|
- Die verslag kan beskikbaar gestel word aan plase wat nie deelgeneem het nie teen dieselfde tarief as wat die plase wat deelgeneem het betaal het, aangesien alle plase aanvanklik die geleentheid gehad het om in te skryf. Julle kan Joy direk kontak daaroor.
- Die werkswinkel vir hostel instandhouding spanne of nutsmanne wat gehou word as ‘n opvolg aksie van die navorsing, kan oopgestel word vir enige belangstellendes. Die doelwitte vir die opleiding is.
- Om die arme nutsmanne wat gedurig dieselfde goed moet herstel, erkenning te gee en moed in te praat.
- Om hulle bekend te stel aan “industriële” kwaliteit hardeware, wat langer kan hou.
BUILD-IT tree op as gasheer vir die dag en het reeds baie waardevolle inligting bymekaar gemaak. Joy sal ‘n inset lewer oor sommige waarnemings en daar sal ook raad uit die bedryf wees.
|
|
|
Op 12 Augustus 2021 het ons met die kursus afgeskop en die studente geniet dit baie. Daar is reeds drie modules deur Professor Karen Theron, Karen van der Westhuizen en Gideon van Zyl aangebied.
Die volgende klas is op 31 Augustus en sal gelei word deur Louis Reynolds. Daarna sal die klasse dan voortgaan op 7 September 2021 by Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en dan sal Piet van der Merwe, Schalk Reynolds, Professor W.Steyn en Piet Nieuwoudt die studente lei deur die volgende vier Modules. Die kursus sal dan voltooi word op 18 November 2021 met 'n velddag, aangebied deur Piet Nieuwoudt.
|
|
- SERTIFIKATE: Ons wil almal aanmoedig om te onthou om asb. die sertifikate van die studente wat kursusse voltooi het te gaan afhaal. Danelle sal jul in kennis stel wanneer dit gereed is en ook waar dit afgehaal kan word. Ons glo ook dat die studente graag hul sertifikate so gou as moontlik sal wil ontvang.
- POTENSIAAL- EN PERSEPSIETOETSE: Daar was ‘n hele paar navrae vir nog Potensiaal en Persepsie Toetse. Indien jul graag nog mense wil stuur, laat weet asb. vir Euria by euria@kbos.co.za en dan kyk ons of ons ‘n groep kan volmaak op ‘n datum wat vir almal pas.
|
|
Ons het nog plekke beskikbaar in die volgende kursusse in September:
- Excel Vlak 3 op 2 en 3 September.
- KID vir Toesighouers (XHOSA) op 3 en 7 September.
- KID Vermengde leer op 8 September.
- Fokus en tydbestuur op 20 en 21 September.
- Effektiewe leiers beplanning op 29 September.
- HR Studiegroep op 29 September.
Inskrywings kan gedoen word op ons webwerf of by euria@kbos.co.za
|
|
|
|