April 2026_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
APRIL FEES
Ons hoop almal het heerlik Paasfees gehou saam met hul geliefdes en familie.
Herfs en winter het gou kop begin uitsteek met die skielike koue en nat weer, sowel as die eerste sneeu vir die jaar in die vallei. Trek maar die warm jas aan, geniet 'n lekker koppie koffie, en lees lekker aan die jongste nuus onder. Kyk gerus uit vir die klomp kursusse wat nog voorlê.
GELEENTHEDE VIR JEUG IN LANDBOU
Ons is trots om ‘n opwindende nuwe fase van jeugontwikkeling in die landbousektor aan te kondig. Danksy befondsing word werklose jongmense nou die geleentheid gebied om ‘n volledige leerlingskap te voltooi. Hierdie program bou voort op die suksesvolle 1,2,3 Werk-model, waar studente weekliks teorie-opleiding ontvang en waardevolle praktiese ervaring op plase opdoen.
Die groot belangstelling vanaf potensiële kandidate in die program bevestig die behoefte onder jongmense om hulself te ontwikkel en om ‘n toekoms in landbou te bou. Samewerking met plase bly ‘n kernkomponent om studente prakties bloot te stel aan die bedryf.
Terugvoer van vorige 1,2,3 Werk-groepe toon duidelik die impak van hierdie tipe program aan: die meerderheid van vorige 1,2,3 Werk-studente bly werksaam in landbou, sommige het reeds bevorderings ontvang, en werkgewers rapporteer verbeterde selfvertroue, verantwoordelikheid en werksbegrip onder deelnemers.
Programme soos hierdie speel ‘n sleutelrol om ‘n vaardige arbeidsmag te ontwikkel en volhoubare werksgeleenthede in die Witzenberg-streek te skep.
Hierdie inisiatief is ‘n waardevolle belegging in die toekoms van ons jeug én die landbousektor.
Scatec NQF 1 - studente
1,2,3 Werk - studente: Koue Bokkeveld Groep
1,2,3 Werk - studente: Ceres groep
BESTUUR EN LEIERSKAP ARTIKEL

Beskou jy jouself as ‘n suksesvolle plaasbestuurder? Is jy vertroud met die uitvoering van al jou mensebestuur- en leierskap-verantwoordelikhede? 
Kliek op hierdie skakel om die artikel te lees.
https://www.hopcal.co.za/wp-content/uploads/2026/03/Bestuur-en-Leierskap-Pieter-Swanepoel-2.pdf
GRAAD 9-12 KAMP
Die Senior Kamp by Dennebos van 30 Maart tot 1 April was ’n groot sukses met 56 leerders wat deelgeneem het! Die kamp het buitelig-toere, museumbesoeke, skattejag, talentkompetisie en swem ingesluit.
Die leerders het beklemtoon hoe belangrik dit is om regte keuses te maak, in jouself te glo en trots op jouself te wees. Sprekers het hulle geïnspireer met stories oor leierskap, selfwaardes, dissipline en deursettingsvermoë. Hulle het ook geleer oor Ceres se geskiedenis, bome in die natuur en selfs hoe om stokbrood op ’n stok te braai!
Die kamp het meer as net pret gebring. Waardevolle lesse oor waardes is geleer en daar was gefokus op karakterbou oor hoe dit kan bydra om ongedissiplineerde gedrag by kinders te laat afneem. ’n Onvergeetlike ervaring wat die leerders gemotiveer het om hul drome na te streef!
Ons bedank opreg die plase wat bygedra het om leerders te borg, die Witzenberg Munisipaliteit vir die afslag op verblyf, en al ons vennote vir hul tyd en aanbiedings gedurende die drie dae van die kamp.
GOB OPLEIDING TERUGVOERING
Op Saterdag, 18 April, het 65 GOB’s ’n impakvolle opleidingsdag bygewoon. Hulle is toegerus om met deernis te lei sonder oordeel, die Skrif as daaglikse fondament te gebruik, en seker te maak hul eie “kraantjie” bly vol, sodat hulle kan gee sonder om leeg te loop.
BOORD NA BOKS
Op 4 Junie bied Koue Bokkeveld Opleidingsentrum 'n innoverende oggendbespreking aan oor moontlike maniere om die gaping tussen die boordstelsels en die pakstoorbehoeftes aan te spreek. Joy van Biljon lei die bespreking. Na aanleiding van jare se plaasbesoeke en klasgee oor produktiwiteit en kwaliteit, beoog sy om die volgende vrae te hanteer: 
  • Is daar nie meer volhoubare maniere om die boord toesighouers se insig in die kwaliteitsvereistes te verbeter nie? 
  • Neem die bestaande stelsels veranderinge in realiteite genoeg in ag? 
  • Daar word baie staat gemaak op QC stelsels, maar hoeveel meer bied dit as nog ‘n laag van “check the checker?” 
  • Hoekom verstaan sommige plase se toesighouers vereistes soveel beter as ander plase s’n? 
Die oggend is gemik op beide boord - en pakstoor/bemarkingsbestuurders. Dit gaan uiters prakties wees en ingelei word deur mense wat daagliks met die kwessies werk. Sien A3 in die KBOS katalogus. 
BRIGHT STAR CORE - HELP WERKERS OM TE GROEI EN BETER KEUSES TE MAAK
LEAD ABC KURSUS - KOM LEER EFFEKTIEWE LEIERSKAPSVAARDIGHEDE
IS JY DIE VOLGENDE LANDBOUWERKER VAN DIE JAAR? SKRYF NOU IN!

Kostes is R85 per nominasie en R95 per persoon vir die Gala funksie by Kaleo.

BESTUURSDAG 2026 - JY WIL DIT NIE MISLOOP NIE!
Kliek hier om meer te lees van ons sprekers.
VROUEKAMP - BEYOUTIFUL

Ons is só opgewonde om ons heel eerste BeYOUtiful Vrouekamp aan te bied! Karin van Wyk gaan dit lei en hierdie gaan ’n lewensveranderende ervaring wees.

Vir Afrikaanse én Xhosa vrouens – ’n plek waar ons saam kan groei, saam kan bid en mekaar kan versterk.

Vir twee weke vóór die kamp word daar doelbewus vir elke vrou by naam gebid.
Karin ontvang ook elkeen se naam se betekenis, wat deel vorm van die unieke bediening en voorbereiding. Daarom is dit baie belangrik dat ons alle name vooraf ontvang en ongelukkig kan daar geen kansellasies ná 25 Junie wees nie.

📍 Kamp vind plaas by Dennebos: 14-16 Augustus 2026
💳 Kostes sal op die Junie-rekening verskyn R 1380 p.p. (sluit in akkomodasie, etes, kroon en jou naam betekenis)

Begin nou al spaar – jy wíl nie hierdie misloop nie!

OPKOMENDE KURSUSSE
  • Steenvrugte velddag – 8 Mei (Verdun)
  • Mannekamp 8-10 Mei (Boy Muller)
  • Kleuter program: 12 – 14 Mei te KBOS
  • Besproeiing: Bloubessies – 12 Mei
  • Potensiaal en persepsie toetse: 14 Mei te Ceres Museum
  • Bright star core: 19 en 20 Mei te KBOS
  • Boordmonitor gevorderd: 20 en 21 Mei te KBOS
  • Kettingsaag heropleiding: 26 en 27 Mei te Ceres Museum
  • Lead ABC(afr) – 28 en 29 Mei te Ceres Musuem
  • Basiese brandbestryding: 22 Mei te KBOS
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*