April 2025_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
LEER PRESTEER
Kom Leer Presteer tydens die opkomende opleidingseisoen. Daar is soveel opwindende kursusse waarvoor jul kan inskryf. Moenie dit misloop nie!

Sit aan die ketel, geniet jou koppie koffie, en lees meer oor al die lekker dinge wat in April gebeur het en maak reg vir 'n vurige en kleurvolle Mei.
OPEDAG 2025
Ons het hierdie jaar 'n rekordgetal van 22 gaste by ons jaarlikse Opedag op Maandag 7 April, gehad. Die dag was 'n groot sukses met nuwe verhoudings wat gebou is sowel as goeie netwerke wat gevorm is. Ons is dankbaar vir die belangstelling en ondersteuning vanaf mense in die landbou opleiding industrie. Saam kan ons wondere verrig!
BESTUURSDAG 2025 
GRAAD 9-12 KAMP

Resultate wat spreek – jeugkamp ervaar as lewensveranderend. 
 
Die uitslae van ons jongste jeugkamp met 66 hoërskoolgaande leerders se evaluerings wys duidelik dat u belegging in ons jeug vrugte afwerp. Aktiwiteite soos selfvertroue, buitelug toer, loopbaanvoorligting en die kragtige Ellen Pakkies-sessie is deur die meeste leerders as "uitstekend" aangewys. Selfs logistieke aspekte soos verblyf en etes is baie goed ervaar. Hierdie positiewe terugvoer bevestig dat die kamp nie net ‘n betekenisvolle ervaring was nie, maar ook ‘n waardevolle belegging in die toekoms van elke leerder. Baie dankie dat u dit moontlik gemaak het om leerders te borg.

Klik hier vir die volledige evaluering. 

IS JY DIE VOLGENDE LANDBOUWERKER VAN DIE JAAR? 
Klik hier vir die inskrywingsvorm.
SKRYF NOU IN VIR DIE GEWILDE LEADERSHIP FOR LIFE KURSUS VAN EMERGING LEADERS!
1,2,3 WERK - BEPERKTE PLEKKE BESKIKBAAR!
DIE MANNE, HARD AAN DIE LEER BY DIE STEENVRUGTE VELDDAG.  
MOENIE UITMIS NIE!

Die opleiding seisoen is hier! Bespreek nou julle opleiding vir 2025 op ons webwerf en verseker julle plekke by ons kursusse. Die vooruitbespreking help ons baie met beplanning vir die jaar, so ons waardeer julle hulp met ‘n suksesvolle opleiding seisoen.
 
OPWINDENDE KURSUSSE OP PAD - BESPREEK NOU!
  • Peuter program: 14-16 Mei; KBOS
  • Herfsnoei en Jongboom manipulasie velddag: 22 Mei
  • Basiese beginsels van toesighouding vermengde leer: 27 en 28 Mei; Ceres Museum
  • Kettingsaag nuwelinge: 27-29 Mei
  • Trekkeroperateur: 27-29 Mei; Ceres Museum
  • Snoei: 30 Mei; KBOS
  • Bright Star Life Classic: 4-6 Junie; Ceres Museum
  • Boordmonitors: 4 en 5 Junie; Ceres Museum
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*