April 2024_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
AKTIEWE APRIL
Die laaste appels en pere word stadig maar seker geoes, en soos ons na die einde van die seisoen beweeg van meeste plase, begin ons opleidingseisoen optel.
Verhoudings is gebou tydens ons Opedag, waardevolle kennis is gedeel tydens die Steenvrugte Velddag, en daar is ook geleer oor toepassing van kwaliteitbeheer.
Natuurlik lê daar ook baie opwindende kursusse voor, so maak seker jy skryf betyds in en lees alle inligting deeglik!
ONS HOU WEER OPEDAG!
Ons Opedag het op 4 April 2024, plaasgevind. Dit was goed gewees om met ons gaste te deel wat ons doen en ook om meer van hulle te leer.
GOB OPLEIDING TERUGVOERING
40 GOB’s het Saterdag se opleiding bygewoon. Ons het grootliks gefokus op transformasie leierskap en die ses kritiese denkpatrone wat nodig is wanneer daar 'n uitdaging op ons plaas en binne ons gemeenskap ontstaan. Hulle het ook terugvoering gegee van verandering wat hulle binne hulself verander het sedert ons Januarie kamp. Dit is soos volg:
  • “Ek het 4 kg verloor”.
  • “Ek het Sondae ophou drink”.
  • “My verhouding met my kind verbeter. Ek het hom toegelaat om my te begin druk”.
As ons verandering in ons gemeenskappe wil sien, moet ons ‘n agent van verandering wees. Ons keuses lei tot resultate. Welgedaan aan elke GOB!
BESOEK EN BESPREEK: KURKVLEK IN PERE TERUGVOERING
Ons eerste Besoek en Bespreek sessie vir hierdie jaar het op 10 April, plaasgevind. Daar was bespreek wat die oorsake en moontlike oplossings is, faktore wat kurkvlek beïnvloed, en verskeie maniere hoe dit bestuur moet word. Die terugvoering vanaf die studente is baie goed, en dus het hierdie sessie ‘n algehele gemiddeld van 93% verkry.
Ons volgende Besoek en Bespreek sessie vind plaas op 26 September, en Gideon van Zyl (ProCrop Trust), sal inligting deel oor die beginsels van vrugtevlieg-beheer. Klem sal gelê word op spat praktyk sowel as monitering protokol. Skryf nou in vir hierdie sessie om te verseker dat jy dit nie misloop nie!
 
Navrae en inskrywings kan gerig word aan Euria by euria@kbos.co.za
QUALITY ALONG THE VALUE CHAIN KORTKURSUS
As deel van die voortgesette samewerking tussen Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, Boland Kollege en Q-Point, het 10 persone verlede week die eerste kursus bygewoon. Soos op die foto aangedui was daar individue van Kalos Farming, Verdun, Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en Skurweberg Sekondêr. Vincent Uys van Boland Kollege en Feline Heussen en Yvette Schravesande van Q-Point was ook teenwoordig. Q-point is 'n internasionale maatskappy van Nederland wat spesialiseer in kwaliteitsbeheer in landbou.
 
Die kursus het gehandel oor die belangrikheid van kwaliteit van produkte wat aan die mark voorsien word en hoe om kwaliteitbeheer op plaasvlak toe te pas tydens hantering van produkte. Kennis is ook gedeel oor hoe monsters geneem en geëvalueer kan word. Aandag is ook gegee aan die voltooiing van verslagvorms en die rapportering. Drie ondernemings is ook tydens die opleiding besoek waar daar spesifiek na die toepassing van kwaliteitkontrole gekyk is.
2024 WITZENBERG LANDBOUTOEKENNINGS NOMINASIES
In 2023 het ons met die provinsiale kompetisie omtrent gewys waartoe die Witzenberg-streek in staat is. Ons het beide die kategorieë Junior- en Middelbestuur gewen, asook die algehele Landbouwerker van die Jaar oor die hele Wes-Kaap! Kom ons doen dit weer.
LANDBOULEERLINGSKAPPE - SKRYF NOU IN!
BESTUURSDAG - WAAROM IS ONS SKATRYK, EN HOE KAN ONS NOG RYKER WORD?
Ons Bestuursdag sal op 16 Mei by Waterval Country Lodge plaasvind. Inskrywings sluit op 2 Mei 2024. Bespreek nou op ons webwerf of by euria@kbos.co.za. Sien ook meer inligting oor ons sprekers onder.
1,2,3 WERK JEUGPROGRAM 2024 - DAAR IS NOG PLEKKE OOP!
ONS STEENVRUGTE VELDDAG WAS WEER 'N GROOT SUKSES!
BESPREEK NOU OPLEIDING!
Indien julle nog nie julle opleiding vir die jaar bespreek het nie, bespreek dit asb. nou op ons webwerf. Gewilde datums en lokale is vining besig om vol te raak. Dit help ook met ons beplanning om al julle inskrywings vir die jaar te hê.
OPKOMENDE KURSUSSE:
  • Noodhulp oefenmiddag: 14 Mei; KBOS
  • Noodhulp oefenmiddag: 15 Mei; Ceres
  • Snoei: 16 Mei, KBOS
  • Bright Star Life Core: 16 en 17 Mei; Ceres Museum
  • Veilige hantering van gifstowwe: 17 Mei, Bo-Swaarmoed
  • Basiese beginsels van Toesighouding: 21-24 Mei; Ceres Museum
  • Bright Star Life Classic: 21-23 Mei; KBOS
  • Baba program: 22-24 Mei; KBOS
  • Toesighouer Kwaliteit: 22 en 23 Mei; Ceres
  • Herfsnoei en Jongboom manipulasie velddag: 23 Mei
  • Noodhulp vlak 1: 27 en 28 Mei; KBOS
  • KID vir Toesighouers: 28 Mei; KBOS
  • Potensiaal en Persepsie toetse: 28 Mei; Ceres
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*