April 2023_Koue Bokkeveld Opleidingsentrum_Nuusbrief

*|MC:SUBJECT|*
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM
HALLO HERFS!
Die seisoen wat ons leer dat verandering pragtig kan wees. Dit is sowaar prentjie-mooi om die gekleurde blare aan die bome en op die grond te sien lê gedurende hierdie tyd van die jaar.
Lees meer onder oor al die kleurryke kursusse en projekte wat plaasgevind het en nog voorlê. So, kom skryf in; leer en presteer; groei en verander!
Die Witzenberg Landbouwerker inskrywings is ook oop en dit is altyd 'n hoogtepunt om te sien wie almal in die Witzenberg-vallei ons trots maak.
SOKKER SKEIDSREGTER OPLEIDING
Die Sokker Skeidsregter Opleiding het op 15 April, te Donkerbos plaasgevind. 21 skeidsregters het dit bygewoon en sal dan 'n eksamen aflê om sodoende 'n Nasionale Sertifikaat te ontvang. Ons is dankbaar vir die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit wat die opleiding befonds het. Dit is ook opwindend om te sien hoe baie skeidsregters die sokker-liga ondersteun en help om 'n suksesvolle sokker-seisoen te bekom!
KAMPUS UITREIK - 11 PROSES
2022 se Graad 11 - leerders het die 2022 Proses met 'n kampus uitreik na CPUT en Elsenburg afgesluit. 42 leerders van Skurweberg, Bella Vista Hoërskool, Ceres Sekondêr, Iingcinga Zethu en Charlie Hofmeyer was op die uitstappie. Daar is geleer van toelatingsvereistes en "kampus lewe" en die leerders het die dag as baie lekker en insiggewend ervaar.
WITZENBERG LANDBOUWERKER 2023 - SKRYF NOU IN!
XHOSA EN SOTHO KAMP
Challenging Minds. Changing Lives.

Watter lewensvaardighede is nodig om werknemerprestasie te verbeter? Kom kamp saam en vind uit! Ons nooi alle Xhosa en Sotho-sprekende werknemers uit om saam te kom kamp, op 26-28 Mei by Boy Muller. Ons het so 'n groot sukses gehad met die vorige kamp dat ons opgewonde is oor die volgende kamp. Bespreek op die webwerf of bevestig by Euria teen 15 Mei 2023 by euria@kbos.co.za 

Die legendariese Manne- en Vrouekamp is ook weer om die draai. Hierdie kamp fokus baie op voorkomende gedrag en houdings, sodat die persoon die nodige hanteringsvaardighede het om nie in die gat te val nie. Hierdie kamp vind ook by Boy Muller plaas vanaf 19-21 Mei 2023, en alle Afrikaanssprekende werknemers is welkom. 
DIE 9,10,11 PROSES 2023. KOM NEEM DEEL!
BESTUURSDAG 2023 - NET 5 DAE OOR OM TE BESPREEK!
MOENIE UITMIS OP 'N KANS VAN 'N LEEFTYD NIE. KONTAK ONS NOU.
1,2,3 WERK IS TERUG - KOM RAAK LIEF VIR LANDBOU
Bespreek NOU opleiding!

Indien julle nog nie julle opleiding vir hierdie jaar bespreek het nie, bespreek dit asseblief nou. Selfs al het julle, jul beplanning gestuur vir WSP doeleindes, boek asseblief daardie opleiding op ons webtuiste. Ons is besig om verskuiwings en aanpassings te maak aan die kursusse volgens die inskrywings, maar dié wat nog kort mag ‘n verskil maak aan hierdie verskuiwings. 

OPKOMENDE KURSUSSE:

  • Veilige hantering van gifstowwe: Beginners (Afrikaans): 4 Mei; KBOS
  • Veilige hantering van gifstowwe: Beginners (Afrikaans): 5 Mei; Ceres Vallei Kerksaal
  • Bright Star Life Classic: 9-10 Mei; KBOS
  • Noodhulp oefenmiddag: 9 Mei; Ceres Vallei Kerksaal
  • Noodhulp oefenmiddag: 10 Mei; KBOS
  • Rekenaars vir beginners: 15-19 Mei; Ceres Museum
  • Potensiaal en persepsie toetse: 29 Mei
  • Toesighouer kwaliteit: 1-2 Junie; Ceres
  • Besoek en bespreek Bitterpit: 2 Junie
  • Baba verfrissing: 6 Junie; KBOS
  • Peuter verfrissing: 8 Junie; KBOS
  • Kleuter verfrissing: 9 Junie; KBOS
Bespreek nou by euria@kbos.co.za of op ons webwerf by www.kbos.co.za
BROKKIES:

1. WSP & ATR 2023/2024: Die WSP & ATR proses is voltooi. Baie dankie vir almal se samewerking en hulp om almal se vorms betyds in te dien by die SETA’s. 

2. AgriSETA befondsing: AgriSETA het bevestig dat die goedkeuring van die 2de venster se befondsing aansoeke, nog nie uitgestuur is nie. Dit behoort binne die volgende twee weke uitgestuur te word. Kontak ons asseblief onmiddellik indien julle goedkeuringsbriewe ontvang. Dit sluit alle leerlingskappe, vaardigheidsprogramme, vakmanne en AET aansoeke in.   
VOLG ONS OP SOSIALE MEDIA - FACEBOOK EN LINKEDIN
Facebook
LinkedIn
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.






This email was sent to *|EMAIL|*
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
*|LIST:ADDRESSLINE|*

*|REWARDS|*