Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (J) Vrugte

Courses

J1. Voeselhigiëne

Course Code:

J1a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R2565 + vervoer

Description:

Hierdie kursus het die doel om werkers die basiese kennis te gee oor gesondheid- en higiëniese aspekte wat hulle gedrag beïnvloed en moontlike risiko faktore vir die vrugte kan wees. Globalgap vereistes dien as riglyn

.

J2. Pluk kursus met assessering

Course Code:

J2a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R1650 per groep + vervoer

Description:

So baie harde werk gaan verlore tydens pluktyd. Hierdie praktiese en kreatiewe en interaktiewe opleiding sessie is nog iets wat plase kan gebruik om te help om kneusings te verminder.

Daar is `n verpligte vooraf sessie vir die toesighouers van die spaane wat ingeskryf word vir die kursus.

Na afloop van die kursus word elke deelnemer individuel geassesseer en `n verslag aan di eplaas gestuur.

J3. Pluk kursus sonder assessering

Course Code:

J3a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R1100 per groep + vervoer

Description:
So baie harde werk gaan verlore tydens pluktyd. Hierdie praktiese en kreatiewe en interaktiewe opleiding sessie is nog iets wat plase kan gebruik om te help om kneusings te verminder.

Daar is `n verpligte vooraf sessie vir die toesighouers van die spaane wat ingeskryf word vir die kursus.

J4. Hoe werk plante?

Course Code:

J4a

Student Level:

A - E

Price per student:

R576 p p of R3500 per groep

Description:

Die doel met die kursus is om die almal toe te rus met kennis oor hoe die plante funksioneer waarmee ons werk. Terselfdertyd kan ervaar word hoe plante reageer wanneer sekere aksies op hulle uitgevoer word en waarom sekere aksies op sekere tye gedoen moet word. Plante is soos mense hulle reageer wanneer sekere aksies gedoen word.

Inhoud

1. Basiese struktuur van die boom en die funksies van die onderskeie plantdele 2. Prosesse wat plaasvind binne die boom soos fotosintese, respirasie, transpirasie 3. Hoe vind bestuiwing plaas 4. Beweging van water in die plant 5. Begrippe van ent en okuleer 6. Redes vir wintersnoei, herfssnoei, somersnoei 7. Uitdunning van vrugte (redes, tyd) 8. Hoe word rypheidsmonsters geneem

J5. Boom kursus

Course Code:

J5a

Student Level:

A - E

Price per student:

R1180 p p

Description:

Die doel van die kursus is om van die werkers “verstaners“ van die boom te maak en nie net “doeners” van opdragte nie. Die seisoenale groeisiklus van die boom word bespreek naamlik, dormansie, blomknop, differnsiasie, blare, lote, knoppe, wortels, blom, vrugtegroei, omgewings invloede en "timing " van ingrepe

J6. Boordmonitors & praktiese dag

Course Code:

J6a

Student Level:

B

Price per student:

R1445 p p

Description:

Kursus inhoud: Doel van monitering en monitering teorie Eienskappe van n goeie monitor Pligte en verantwoordelikhede Toerusting Monitor metodiek Boord/lokval inspeksie en dataversameling Gebruik van data Basiese insek- en plantsiekte kunde Identifikasie van plae en peste Plae en siektes van kernvrugte Plae van siektes van steenvrugte

Studente moet asseblief n pen, potlood, sakrekenaar of slimfoon saambring.

J7. Snoei

Course Code:

J7a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R820 p p

Description:

Hierdie kursus onderrig snoeiers in:

die basiese beginsels van snoei van vrugtebome, die hantering van snoeigereedskap, redes vir die snoei van vrugtebome, en die reaksie op snoeisnitte.

Ons bespreek ook dele van die boom, snoeiterminologie, boomvorms en die invloed van tyd van snoei op die boom.

J8. Jongboom dag

Course Code:

J8a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R495 p p

Description:

Hierdie kursus gaan oor die kwekery boom, die hantering van die boom op die plaas, plant en versorging van die bome, benadering tot voeding en besproeiing, groeiwyse verskille tussen kultivars en ook appels en pere, sowel as manipulasie van bome in die eerste / tweede en derde blad.

J9. Ent

Course Code:

J9a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R350 p p

Description:

Die kursus het ten doel om die studente te leer hoekom seker werksmoetodes en etiek gevolg moet word.

Die doel van die kursus is om entwerk meer te vereenvoudig en studente te laat verstaan hoekom die werk die 1ste keer reg gedoen moet word. Daar is ook nie `n enkele rede hoekom `n produsent nie `n bestaande en gesonde boord suksesvol kan oorwerk na `n nuwe variteit waar cultivar voorkeur verander het nie.

Student moet die volgende saam bring: Snoeisker, knipmes-tipe treksagie; kromnek skerp entmes; rubber of blok hammer, going vir ent materiaal.

J10. Okuleer

Course Code:

J10a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R350 p p

Description:

Die kursus het ten doel om kursusgangers te leer om sekere werksmetodes en etiek te volg. Die kursus het ook tendoel is om okuleerwerk meer te vereenvouding en die kursusganger te laat begryp hoekom sekere stappe baie belangrik is met okuleerwerk.

Die einddoel is om die okuleerwerk die 1ste keer reg en suksesvol te doen ten einde onnodige herokulering buitenstyd te vermy.

Hierdie is een van die belangrikste stappe om te versker dat die produsent die boom kry wat sal bydra tot die sukses van sy nuwe boord.

Student moet die volgende saam bring: Snoeisker, `n goeie en skerp mes, stuk going vir ogie materiaal.