Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (H) Bewaarskool

Courses

H1. Peuter verfrissing

Course Code:

H1a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R600 p p

Description:

Om juffrouens wat reeds die peuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie • Navorsing van Vroeë Kinderontwikkeling op die kind se brein • Hoe om die wiskunde- en lees “brein” te ontwikkel en kinders lief te maak daarvoor. Genoegsame blootstelling en die manier waarop dit aangebied word is die heel belangrikste faktor van wiskunde en lees stimulering. Prakties: • Maak ouderdom verwante apparaat vir wiskunde en lees aktiwiteite.

Studente moet asseblief tydskrifte saambring.

H2. Kleuter verfrissing

Course Code:

H2a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R600 p p

Description:

Om juffrouens wat reeds die kleuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie • Navorsing van Vroeë Kinderontwikkeling op die kind se brein • Hoe om die wiskunde- en lees “brein” te ontwikkel en kinders lief te maak daarvoor. Genoegsame blootstelling en die manier waarop dit aangebied word is die heel belangrikste faktor van wiskunde en lees stimulering. Prakties: • Maak ouderdom verwante apparaat vir wiskunde en lees aktiwiteite

H3. Baba verfrissing

Course Code:

H3a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R600 p p

Description:

DOEL: Om juffrouens wat reeds die baba program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie. Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word? Teorie & Prakties: • Behandel handleiding, evaluering, bylaag • Bespreek Baba verwante temas • Die gebruik van program hulpmiddels • Bied ‘n praktiese les aan vir personeel • Maak ouderdom verwante speelgoed

Studente moet asseblief tydskrifte saambring.

H4. Baba program opleiding

Course Code:

H4a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R1000 per sessie

Description:

Dit is 'n volledige stimuleringsprogram waarin elke faset van 'n baba ontwikkel en stimuleer word.

Die bylaag in die handleiding bestaan uit belangrike onderwerpe soos Kindersiektes, Baba massering, Koors, Brein ontwikkeling en stimulasie, FAS ens. en is saamgestel met hulp van 'n arbeidsterapeut.

Die hulpbronne bevat onder meer: Ontwikkelingsmylpale, Rooi vlag assessering, Flitskaarte, Speelgoed om self te maak, ens.

Die volledige program bestaan uit: 'n handleiding vir die fasiliteerder, loebie leesboekie met 12 stories, omslaan kalender met 12 rympies, n CD met baba liedjies en instrumentele musiek, en 48 gekleurde, gelamineerde flitskaarte.

Die program is saamgestel sodat babas optimaal kan ontwikkel deur stimulasie met gepaste aktiwiteite en oefeninge vir elke fase.

H5. Nasorg leer ondersteuning

Course Code:

H5a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R935 p p

Description:

DOEL: Hierdie reeks SLEUTELS VIR SLIMKOPPE is ‘n Leerondersteuning program vir ouers en Nasorg personeel wat met kinders Gr.R – 3 werk. Die program fokus op Wiskunde, Taal en Lees vaardighede. Nasorg personeel kry ‘n mini kursus in onderwysvaardighede en wenke hoe om kinders met skoolwerk te help en ekstra hulmiddels en apparaat word verskaf. Die volledige program bestaan uit: • 'n Juffrougids, Leesgids, Juffrou flippie met ekstra aktiwiteite en leermateriaal • 4 Werkboeke met Wiskunde en Taal aktiwiteite. (Gr. R – 3) • 2 Alfabet boekies (prente en sensories) • Syfers 1 – 10 gelamineer, gekleurde vorms – gelamineer • Wiskunde en Taal flitskaarte vir elke Graad

H6. Kleuterskool besoeke

Course Code:

H6a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R800 + vervoer

Description:

Word programme korrek geïmplimenteer by skole? Om volhoubaarheid van programme by u bewaarskool en nasorg te verseker bied ons die volgende diens aan:

‘n Besoek op u plaas aan die Bewaarskool / nasorg plus ‘n verslag aan u.

H7. Kok kursus

Course Code:

H7a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R835 p p

Description:

‘n Nuwe resepteboek is saamgestel in samewerking deur die Universiteit van Stellenbosch se dieëtkunde studente en Departement gesondheid. Somer- en winter spyskaarte en resepte, aankope, wenke en kos vir babas word bespreek asook veiligheid in die kombuis.

Kom kry nuwe resepte en laat jou kok soos ‘n spog kok kook!

H8. Ouerleiding

Course Code:

H8a

Student Level:

Ouers

Price per student:

R5000 per groep + vervoer

Description:

DOEL: Met die ouerleiding fokus ons op leerders van Gr.R – 3 se Wiskunde, Taal en Leesvaardighede. Hoe meer ons ‘n kind kan ondersteun op verskillende vlakke, metodes en ook op informele benaderings, gaan ons ‘n groot impak kan maak op kinders se vermoëns! Herhaling bly koning!

Hierdie reeks SLEUTELS VIR SLIMKOPPE is ‘n Leerondersteuning program vir ouers en Nasorg personeel wat met kinders Gr.R – 3 werk. Dit is uitgewerk deur ‘n paneel deskundiges. Die program fokus op Wiskunde, Taal en Lees vaardighede.

Die 'n Juffrougids en Leesgids met 41 stories word uitgedeel saam met hope wenke. ‘n Ouerpaar kan kom (u betaal net vir 1 ouer) of ‘n enkelouer. Dit beteken as u 15 persone inskryf kan 30 kom. Die bykomende persoon moet verwant wees aan die kursusganger. Voorsien asb ‘n kragpunt in u saal/vertrek asook stoele en ‘n tafel voor. Tee word tydens teepouse bedien. Kursusganger bring ID, bekertjie, pen. Kostes: LW vervoer @ R 5.50 per km moet addisioneel bykom. .