Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

R6. Senior struikelblokke

Hierdie kursus is gebaseer op die identifisering van minderwaardige gevoelens wat tot sekere optredes aanduiding gee. Hierdie onderwerp vorm die fondasie vir die baie gewilde selfontdekkingskursus.

Hierdie is ‘n struikelblok wat alle mense op alle vlakke beleef. Vir elkeen van ons, is dit ‘n ewige stryd om ons eie gedrag te interpreteer en insig te ontwikkel. Mense wat bevordering kry is egter soos kinders wat in graad 7 dink hulle is matrikulante en dan in Graad 8 weer die babas in die nuwe skool is. Nuwe verantwoordelikhied en status wek dikwels weer ou minderwaardigheids.

Soos wat ons so baie in die selfontdekking gesien het, kan ‘n mens begin groot wanneer hy dit wat in sy kop aangaan kan identifiseer en die gevolge daarvan kan raaksien.

In hierdie kursus kyk ons spesifiek na gedrag wat saamgaan met bevordering: “groot kop” kry, ongesonde streshantering en die rol van besittings in selfbeeld.

Toesighouers en meer senior mense se tyd veroorsaak dikwels dat hulle nie ander lewensvaardigheidskursus bywoon nie. Hierdie is dan doelbewus in ‘n dagkursus formaat opgestel.

Voorbeelde sal ook spesifiek meer senior mense se behoeftes aanspreek. Hierdie is ‘n-1 dag kursus.

Course Properties

Course Start Date 2020-10-06 8:30 am
Capacity 20
Available places 6
Price R 465 per student
Student Level A - C
Multiple classes Yes
Details for classes Date: 2020-10-22 | Location: Op plaas | Time: 08:30 | Duration: 6 Hour/s

Date: 2020-10-23 | Location: Op plaas | Time: 08:30 | Duration: 6 Hour/s
Category (R) Lewensvaardighede Binne Werkstyd
Please login to register for this course

Registrants List

NUM Farm / Organization Registrants Registration Date
1 STERKWATER 1 2020-04-06
2 Koelfontein 13 2020-03-22