Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (U) Ontwikkelingsprogram

Courses

U1. Vrouedag

Course Code:

U1a

Student Level:

Vroue

Price per student:

R125 p p

Description:
Trein ry

Na die trein so ’n groot treffer was, sal ons weer in 2019 moet trein ry. Slegs 200 vroue kan na Kaapstad gaan om die dag by Artscape te geniet. ’n Groot verskeidenheid van programme word aangebied om vroue te vier. Kostes sluit in ligte ontbyt en middagete. Plase wat 2018 gegaan het, kan ongelukkig nie weer vanjaar gaan nie. Ons probeer vir almal ’n kans gee.

Vrouedag- Ceres Die vrouens wat nie trein ry nie word verseker nie afgeskeep nie. Ons beplan ’n opwindende program met goeie sprekers, gehalte vermaak en lekker etes.

U2. Mannedag

Course Code:

U2a

Student Level:

Mans

Price per student:

R125 p p

Description:
Hendrik Jaars, se stryd teen alkohol en dwelms. Een aand na ‘n konfrontasie met sy ma het hy paraffien oor homself uitgegooi en homself aan die brand gesteek. Met meer as 60% brandwonde, sy gesig geskend en van sy ledemate verloor het, werk hy vandag vir die Here. Hy kom deel sy lewensverhaal soos oorvertel in die boek, Vlugtig deur die Hel, en hoe die verkeerde keuses gelei het tot selfvernietiging. …hierdie is net een van vele gebeurtenisse op Mannedag vir Afrikaans en Xhosa sprekendes.

U3. Pace Program

Course Code:

U3a

Student Level:

Graad 10 +

Price per student:

R65 p p

Description:
Die Pace Program is n aanlyn toets wat die leerder se belangstellings bepaal en aanduiding gee tot loopbaan opsies. Dit gee ook verduidelikings van elke beroep, nodige skool kwalifikasies en tersiêre instansies. Dit gee ook tyd om deeglike navorsing te doen op die internet.