Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (T) Kampe

Courses

T1. Mannekamp

Course Code:

T1a

Student Level:

A-C

Price per student:

R1040 p p

Description:
Hierdie unieke geleentheid help mans om agter te kom wat dit is wat hulle terughou om te vorder in die lewe. Saam met ander mans kan elkeen leer om gesonde keuses te maak wat hom in staat stel om ‘n sterk leier in sy werk, gesin en huwelik te wees. Die leiers by hierdie naweek is almal plaasmanne wat self soortgelyke kampe bygewoon het en waarmee die nuwe manne kan identifiseer. Almal geniet die naweek, maar dit verg ook harde werk want dis nie maklik om deur jou eie weerstand te breek nie. Party sê dit voel selfs soos die Gevangenes aan die begin! Maar manne wat dit regkry om vas te byt, gaan Sondag soos ’n nuwe mens voel! Doel: a. Bewus raak van die hindernisse in jou lewe en hulp kry om hierdie struikelblokke te omskep in boublokke. b. Nuwe motivering ontwikkel om ‘n daadwerklike poging aan te wend om ‘n positiewe toekoms te bou c. Kontak te maak en deel te word van ‘n netwerk van positiewe manne wat in die proses is om hul eie bagasie uit te sorteer Inhoud: Vrydagaand is daarop gemik om jou uit jou gemaksone te kry Saterdag oggend word in kleingroepe intensief met elke man se bagasie gewerk. Elkeen word gekonfronteer om met behulp van ervare manne self deur te breek deur probleme en situasies wat pla. Res van die naweek is ‘n reeks oefeninge en spanervarings wat die nuwe man help om in te skakel by ‘n gevestigde groep wat dit regkry om ‘n positiewe pad van groei te stap. Wat moet student saambring: Slaapgoed, toiletware & handoek Los by die huis : selfoon, beursie, eet-en drinkgoed Vereistes: Gemotiveerd om die kamp uit vrye wil by te woon. Bereid om die hele naweek teenwoordig te wees by die kamp & nie die kampterrein te verlaat gedurende die naweek nie

T2. Vrouekamp

Course Code:

T2a

Student Level:

A-C

Price per student:

R1040 p p

T3. Second Chance Junior Kampe

Course Code:

T3a

Student Level:

A-D

Price per student:

R650 p p

T4. Second Chance Senior Kampe

Course Code:

T4a

Student Level:

A-D

Price per student:

R650 p p

T5. Ubuntu Kampe : Vrouens

Course Code:

T5a

Student Level:

D,E,F

Price per student:

R650 p p