Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (K) Vrugte

Courses

K1. Voedselhigiëne

Course Code:

K1a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R2395 + vervoer

Description:
Om werkers die basiese kennis te gee oor gesondheid- en higiëniese aspekte wat hulle gedrag beïnvloed en moontlike risiko faktore vir die vrugte kan wees. Globalgap vereistes dien as riglyn.

K2. Pluk kursus met assessering

Course Code:

K2a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R1650 per groep + vervoer

Description:
So baie harde werk gaan verlore tydens pluktyd. Hierdie praktiese en kreatiewe opleiding is nog iets wat plase kan gebruik om te help om kneusings te verminder.

K3. Pluk kursus sonder assessering

Course Code:

K3a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R1100 per groep + vervoer

Description:
So baie harde werk gaan verlore tydens pluktyd. Hierdie praktiese en kreatiewe opleiding is nog iets wat plase kan gebruik om te help om kneusings te verminder.

K4. Boom kursus

Course Code:

K4a

Student Level:

A - E

Price per student:

R1105 p p

Description:
Die doel van die kursus is om van die werkers “verstaners“ van die boom te maak en nie net “doeners” van opdragte nie. Die seisoenale groeisiklus van die boom word volledig behandel.

K5. Boordmonitors & praktiese dag

Course Code:

K5a

Student Level:

B

Price per student:

R1330 p p

Description:
Kursus inhoud: a. Doel van monitering en monitering teorie b. Eienskappe van n goeie monitor c. Pligte en verantwoordelikhed d. Toerustin e. Monitor metodiek f. Boord/lokval inspeksie en dataversameling g. Gebruik van data h. Basiese insek- en plantsiekte kunde i. Identifikasie van plae en peste j. Plae en siektes van kernvrugte k. Plae van siektes van steenvrugte Studente moet asseblief n pen, potlood, sakrekenaar of slimfoon saambring.

K6. Snoei

Course Code:

K6a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R760 p p

Description:
Onderrig snoeiers in: a. die basiese beginsels van snoei van vrugtebome b. die hantering van snoeigereedskap c. redes vir die snoei van vrugtebome d. die reaksie op snoeisnitte. Bespreek ook dele van die boom, snoeiterminologie, boomvorms en die invloed van tyd van snoei op die boom.

K7. Jongboom dag

Course Code:

K7a

Student Level:

A, B & C

Price per student:

R460 p p

Description:
Die kwekery boom, die hantering van die boom op die plaas, plant en versorging van die bome, benadering tot voeding en besproeiing, groeiwyse verskille tussen kultivars en ook appels en pere, manipulasie van bome in die eerste / tweede en derde blad.