Die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum

fokus op alle fasette van landbou-opleiding in die breë Ceres-Koue Bokkeveld streek.

Available courses in (H) Bewaarskool

Courses

H1. Peuter verfrissing

Course Code:

H1a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R590 p p

Description:

Om juffrouens wat reeds die peuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie & Prakties: Behandel handleiding, evaluering, bylaag, Bespreek Peuter verwante temas: Invloed van taal en wiskunde aktiwiteite op die brein, Emosionele groei, Dissipline in jou peuter klas, kweek gelukkige kinders, Die gebruik van program hulpmiddels, Bied ‘n praktiese les aan vir personeel, en Maak ouderdom verwante speelgoed.

Studente moet asseblief tydskrifte saambring.

H2. Kleuter verfrissing

Course Code:

H2a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R590 p p

Description:

Om juffrouens wat reeds die kleuter program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie & Prakties: Behandel handleiding, evaluering, bylaag, Bespreek Kleuter verwante temas: Verstaan kinders se verskillende temperamente en dissiplineer ferm, maar nie met geweld. Kweek liefde vir lees en boeke. Die gebruik van program hulpmiddels. Bied ‘n praktiese les aan vir personeel. Maak ouderdom verwante speelgoed.

H3. Baba verfrissing

Course Code:

H3a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R590 p p

Description:

Om juffrouens wat reeds die baba program besit en gebruik, weer te verfris oor haar verantwoordelikhede en om hul weer opgewonde te maak oor hul belangrike taak as opvoeder in die skooltjie.

Geen program materiaal word uitgedeel, wel aanvullende notas. Elkeen bring hul eie program saam. Bespreking word gehou en opvoeders deel hul ervaring van program: Waarmee sukkel jy? Wat maak jou opgewonde? Waarmee kan ons jou help? Doen jy nog alles wat van jou verwag word?

Teorie & Prakties: Behandel handleiding, evaluering, bylaag, Bespreek Baba verwante temas: Hoekom huil babas – hoe hanteer ek dit? Die gebruik van program hulpmiddels, Bied ‘n praktiese les aan vir personeel, en Maak ouderdom verwante speelgoed.

Studente moet asseblief tydskrifte saambring.

H4. Peuter opleiding

Course Code:

H4a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R940 p p

Description:

‘n Program waar peuters speel-speel leer en ontwikkel. Daar is 32 weke met temas wat behandel word deur die jaar met ‘n uitgewerkte les vir elke dag. Elke dag behandel ons: tema, visuele persepsie (wiskunde), groot en klein motoriese beweging en kreatiwe spel. Hierdie maklike en praktiese program stimuleer nie net die kind op alle vlakke nie, maar gee ook vir die juffrou riglyne rondom klasbestuur en wenke. Daar is ook ‘n Bylaag met inligting deur ‘n Arbeidsterapeut opgestel met evaluerings vir verskeie ouderdomme. Die arbeidsterapeut bied ook een sessie aan.

Die pakket sluit in: Handleiding, Loebi-peuter-storieboekie, peuter CD en ‘n inkleurboek met prent vir elke tema en 32 gelamineerde aktiwiteitskaarte. Die juffrou word geleer om ook self te maak en om ingestel te wees hoe om alledaagse goed in die klas te gebruik vir opvoedkundige materiaal.

Studente moet asseblief tydskrifte saambring.

H5. Nasorg leer ondersteuning

Course Code:

H5a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R790 p p

Description:

‘n Nuwe handleiding vir nasorg personeel om hul te help om Nasorg leerders te ondersteun met huiswerk. Ons fokus op metodes om wiskunde- en getalbegrippe vas te lê en om leerders te leer lees en ook idees om lees lekkerder te maak.

Die gids word saamgestel deur ‘n arbeidsterapeut en groep onderwysers en ons behandel die volgende aspekte:

Gr. R – 1: Perseptuele ontwikkeling, Ouditiewe geheue, Getalbegrip, Leesvaardighede, Motoriese vaardighede, en Skoolgereedheid.

Gr. 2 – 3: Lees, en Wiskunde.

Gr. 4 – 7: Lees, Wiskunde, en Leermetodes

H6. Kleuterskool besoeke

Course Code:

H6a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R400 + vervoer

Description:

Word programme korrek geïmplimenteer by skole? Om volhoubaarheid van programme by u bewaarskool en nasorg te verseker bied ons die volgende diens aan:

‘n Besoek op u plaas aan die Bewaarskool / nasorg plus ‘n verslag aan u.

H7. Kok kursus

Course Code:

H7a

Student Level:

Juffrouens van hierdie ouderdoms groep

Price per student:

R750 p p

Description:

‘n Nuwe resepteboek is saamgestel in samewerking deur die Universiteit van Stellenbosch se dieëtkunde studente en Departement gesondheid. Somer- en winter spyskaarte en resepte, aankope, wenke en kos vir babas word bespreek asook veiligheid in die kombuis.

Kom kry nuwe resepte en laat jou kok soos ‘n spog kok kook!

H8. Ouerleiding

Course Code:

H8a

Student Level:

Ouers

Price per student:

R5000 per groep + vervoer

Description:

Dit is ons doel om die ouers van baba’s, peuters en kleuters te bereik en hulle te leer hoe (en hoekom) om hul kinders tuis te stimuleer en saam tyd te spandeer. Elke maand het 36 aktiwiteite. Weens navrae maak ons die volgende voorstel om meer ouers te bereik: Ons wil graag die opleiding op u plaas kom doen. Die opleiding sal so verloop:

Wat is stimulasie? Eerste 1000 dae van baba. Video oor vorming van die brein. Uitdeel van almanakke. Praktiese behandeling van oefeninge met ouers (met apparaat wat in elke huis is). Apparaat wat self gemaak kan word en wenke vir wiskunde deur sortering, vormherkenning, patroonpak en wiskundige konsepte in die kombuis. Uitdeel van apparaat om tuis te gebruik. (skêr, vetkryt, potlood, gelaminerde vorm/kleurkaarte, gelamineerde syferkaart, tydskrif, tou).

Notas van ‘n arbeidsterapeut, dieëtkundige en mondhiëgenis word ook behandel en uitgedeel.